PAS IN: Menzies van Hosea Kutako-lughawe verwyder
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het die grondhanteringsdiensmaatskappy, Menzies Aviation, uitgesit. NAC-uitvoerende hoof Bisey Uirab het ook versoek dat lugrederye en ander belanghebbendes ten volle saamwerk met Paragon, wat 'n bod gewen het om grondhanteringsdienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te verskaf. "Neem asseblief kennis dat Paragon begin het om grondhanteringsdienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vanaf vandag, 19 Augustus, te verskaf. Alle belanghebbendes word hiermee versoek en besweer om ten volle saam te werk met Paragon as die wettige verskaffer van grondhanteringsdienste. Ons sal voortgaan om met alle belanghebbendes in verbinding te tree om die vlot voorsiening van grondhanteringsdienste by die lughawe te verseker," het Uirab vanoggend in 'n verklaring gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie