Foto: Argief
Foto: Argief

PAS IN: Spyl sê Menzies moet gaan

Jemima Beukes
Die Swapo Jeugliga (Spyl) het die “onregmatige optrede” van Menzies Aviation veroordeel en het ’n beroep op alle relevante owerhede gedoen om orde en die oppergesag van die reg te herstel om te verseker dat bedrywighede by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ongehinderd voortgaan.

Spyl het in ’n verklaring gesê Menzies se “selfgeloof van monopolie” is misleidend vir die publiek en hulle kan nie meer toegelaat word om vas te klou aan die kontrak om grondhanteringsdienste by die lughawe te verskaf met ’n mentaliteit van “tot die dood ons skei” nie.

“Menzies se voortgesette onwettige teenwoordigheid by die lughawe en weiering om vragdienste aan die wettige kontrakteur te oorhandig, is ’n direkte sabotasie van die plaaslike ekonomie en daarom sal dit verwerp word met die minagting wat dit verdien.

“Die lughawe is ’n strategiese toegangspunt tot Namibië en dit is van uiterste belang vir die land, daarom het sy onstabiliteit – as gevolg van die onwettige optrede van Menzies – die potensiaal om ’n negatiewe beeld van ons land te skets, wat gevolglik Namibië se soewereiniteit en veiligheid in gedrang kan bring,” luidens die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!