No Image Caption

#PasIn: Airlink skort vragdienste by lughawe op

Ellanie Smit
Airlink het sy vragdienste by Hosea Kutako Internasionale Lughawe opgeskort.

In 'n brief wat vandag uitgereik is, het Airlink gesê dat dit verplig was om sy bedrywighede by Hosea op te skort weens die verandering in die lughawe se hantyerings- en vragdiensverskaffer.

"Terwyl Airlink gereed is om saam te werk met Paragon, die nuwe diensverskaffer, is die veiligheid van sy passasiers, personeel en vliegtuie van die uiterste belang. Airlink het gesê dat dit slegs vragbedrywighede kan herstel wanneer Paragon se lugvaartveiligheid - insluitend die hantering van gevaarlike goedere - en ander vraghanteringsertifikate, goedkeurings, en protokolle in plek is.

"As Airlink aanhou om 'n vragdiens in Windhoek te lewer sonder hierdie aspekte, sal die integriteit van sy bedrywighede en internasionale lugvaartveiligheid in die gedrang kom."

Intussen gaan Airlink se passiersdiens na Windhoek voort.

Sedert verlede Saterdag het Airlink 'n span addisionele personeel uit Suid-Afrika gestuur om Paragon by passasiersverwerking te help.

Die lugredery het gesê alhoewel vlugte vertragings ervaar as gevolg van 'n tekort aan grondbedieningstoerusting, Airlink verlore tyd so veel as moontlik probeer inhaal om kliënte so min as moontlik te verontrief.

Airlink bedryf tot vier retoervlugte per dag tussen Johannesburg en Windhoek, en tot drie per dag tussen Kaapstad en Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer