• Tuisblad
  • Vervoer
  • #PasIn NATS: Tegniese probleem opgelos; meer as 500 vlugte geraak
No Image Caption

#PasIn NATS: Tegniese probleem opgelos; meer as 500 vlugte geraak

Frank Steffen
Om 15:15 Britse tyd het NATS (die VK se Nasionale Lugvervoerstelsel) aangekondig dat hulle die tegniese probleem wat hul vlugbeplanningstelsel vanoggend geraak het, geïdentifiseer en reggestel is. 'Ons werk nou saam met lugdienste en lughawens om die geaffekteerde vlugte so spoedig moontlik te herstel. Ons ingenieurs sal die werkverrigting van die stelsel noukeurig monitor terwyl ons terugkeer na normale bedrywighede."

Hierdie volg op 'n krisis wat volgens verskeie media-huise in die VK meer as 500 vlugte geraak het na 'n ontwrigting in lugverkeerbeheer NATS gedwing het om vlugplanne per hand in te voer, wat gewoonlik 'n outomatiese proses is.

Om 14:20 het NATS in 'n mediaverklaring gesê die vlugbeplanningskwessie het die stelsel se vermoë om vlugplanne outomaties te verwerk beïnvloed, wat beteken dat vlugplanne met die hand ingelees moes word. "Dit kan nie teen dieselfde tempo gedoen word nie, vandaar die behoefte aan verkeersbeperkings. Ons prioriteit is om altyd die veiligheid van elke vlug in die VK te verseker en ons vra om verskoning vir die ontwrigting wat dit veroorsaak het. Kontak asseblief jou lugredery vir inligting oor hoe dit jou vlug kan beïnvloed."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!