RA waarsku teen stilhou langs die pad
Die Padowerheid (RA) het vragmotorbestuurders opdrag gegee om nie onwettige rusplekke op die Trans-Oranje-korridor te skep nie.
Dit sluit in die pad vanaf die Nakop-grenspos via Grünau en Keetmanshoop na die hawe van Lüderitz.
Die waarskuwing is veral gerig op vragmotorbestuurders wat mangaan in die omgewing vervoer.
Die RA het gister in ’n verklaring daarop gewys dat vragmotors wat in ongemagtigde gebiede parkeer, sigbaarheid beperk en die risiko van ernstige ongelukke verhoog. Dit veroorsaak ook glo buitensporige skade aan padskouers.
Die verklaring verwys ook na die gebrek aan vullisdromme in hierdie gebiede wat lei tot konflikte met boere in die gebied omdat dit ’n gevaar vir hulle vee inhou.
Die RA herinner alle vragmotorbestuurders en belanghebbendes daaraan dat aangewese rusareas landswyd beskikbaar is vir veilige en wettige stilhouplekke. Vragmotorbestuurders word versoek om hierdie areas te gebruik en, indien nodig, aansoek te doen vir bykomende rusplekke met genoegsame ondersteuning vir hul aansoek.
Die RA het gewaarsku dat oortreders gestraf en stewige boetes opgelê sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie