SAA stel nuwe vlugte na en van Windhoek bekend
South African Airways (SAA) se nuwe roetes vir die feesseisoen sluit twee vlugte per dag sewe dae per week na Windhoek in. Die nuwe dienste sluit ook vlugte in na Victoria Falls in Zimbabwe asook ’n spesiale skedule vanaf OR Tambo-lughawe in Johannesburg na Ggeberha in.
Die twee vlugte per dag na Windhoek begin reeds Donderdag (8 Desember), terwyl die dienste na Victoria Falls op 14 Desember afskop. Laasgenoemde vlugte is ses dae per week en uitgesluit Saterdae beskikbaar. Dié vlugte vertrek uit Johannesburg om 10:50 en land op die Victoria Falls Internasionale Lughawe om 12:25. Dit vertrek weer middae om 13:10 en land 14:50 op OR Tambo.
Die vlugte na Gqeberha (Port Elizabeth) begin Maandag (12 Desember) met drie retoervlugte per dag. SAA het in die lug van die vakansieseisoen ook vlugte na Harare in Zimbabwe van sewe tot tien keer per week, sowel as vluge na Mauritius van vier tot sewe keer per week verhoog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie