Shiimi verwerp bedanking van TransNamib-voorsitter
Onversoenbare verskille, ongerymdhede by instelling
Die voorsitter sê die chaos by die spoorwegoperateur is nie deur sy toedoen nie, maar weens die wanbestuur onder diegene wat voor hom gekom het.
TransNamib se raadsvoorsitter, mnr. Lionel Matthews en me. Sigrid Tjijorokisa, ’n raadslid, het Woensdag hul bedankings ingedien.
Hulle het albei onversoenbare verskille oor die optrede rakende beweerde ongerymdhede by die maatskappy aangevoer, asook ’n “voortgesette eis om die huidige uitvoerende hoof en sommige bestuurders te verwyder”, in Matthews se woorde.
Tjijorokisa was voorheen die raadsvoorsitter, maar sy is tot ondervoorsitter gedemoveer en deur Matthews vervang. Die twee het deurgaans koppe gestamp.
Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem dat die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, nie Matthews se bedanking aanvaar het nie.
“Dit is net Sigi [Tjijorokisa] wat koppe met die voorsitter gestamp het. Die ander raadslede vra eintlik vir Matthews om te bly en dit is hoekom Shiimi nie die bedanking aanvaar nie,” het ’n ingeligte bron gister gesê.
In haar bedankingsbrief aan Shiimi, ook die waarnemende minister van staatsondernemings, het Tjijorokisa gesê: “Ek voel die huidige omstandighede en ontwikkelinge illustreer ‘n totale gebrek aan bestuur binne die organisasie, in die departement van staatsondernemings en op direksievlak.
“Ek het gedurende my ampstermyn probeer om grondliggende kwessies reg te stel wat uiteindelik gelei het tot die redding van die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre en die aanstelling van Ernst & Young om sekere ongerymdhede binne die organisasie te ondersoek.”
WEERHOU GLO INLIGTING
Tjijorokisa het Matthews verkwalik dat hy nie ‘n ondersoekverslag oor dié ongerymdhede ná Ernst & Young se ondersoek gedeel het nie.
“Die nuwe voorsitter [Matthews] het verkies om nie hierdie verslag met die raad te deel nie. Dit is teen my beswaar deur die direksie verskoon in ‘n vergadering met die departement van staatsondernemings.”
“Ek glo sterk ‘n direksie wat sake bestuur terwyl hy bewus is van wesenlike onreëlmatighede deur senior bestuurders, is nie ‘n direksie nie.
“Net so is ‘n departement wat bewus is van wesenlike onreëlmatighede, maar meen dat die ondersoekverslag aan hom behoort en dat hy geen verpligting het om dit met die direksie te deel nie, beslis een wat die direksie dan effektief ontneem het van sy vermoë om behoorlike toesig uit te oefen, asook van sy vermoë om sy fidusiêre pligte uit te voer.”
NIE VERANTWOORDELIK
Matthews het in sy eie bedankingsbrief aan Shiimi gesê die verslag oor dié beweerde ongerymdhede is “nie afgehandel nie”.
Hy het gesê: “Daar is ‘n voortdurende eis deur die vakbond om die huidige uitvoerende hoof [mnr. Johny Smith] en sommige uitvoerende beamptes te verwyder, gebaseer op ‘n verslag wat steeds nie gefinaliseer is nie.”
Matthews aanvaar nie verantwoordelikheid vir die chaos by die semistaatsinstelling nie en het gesê: “Ek is op 8 Februarie 2022 aangestel, en waar TransNamib is, is nie deur my toedoen nie; dit is die wanbestuur wat gebeur het onder diegene wat voor my gekom het.
“Ek sal nie toelaat dat die vakbond my reputasie en my karakter in die openbaar bevraagteken nie.”
Ander raadslede is die ondervoorsitter, me. Gaenor Michaels, me. Josephine Shikongo, mnre. Vincent Mberema en Erastus Ikela en dr Michael Ochurub.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie