Teenreaksie op regering se tolplanne
Stelsel 'noodsaaklik' vir padinstandhouding
Die Padfondsadministrasie se plan om 'n tolstelsel te implementer het vandeesweek hewige reaksie van padgebruikers en die PDM ontlok.
Jemima Beukes – Mnr. Ali Ipinge, hoof van die Padfondsadministrasie (RFA), het gesê daar is ’n dringende behoefte aan onmiddellike sleutelprojekte om die instandhouding van paaie in die land te finansier, wat die implementering van ’n tolstelsel, ’n hersiening van padtariewe en ’n verhoging in brandstofheffings sal insluit.
Na raming staan Namibië se jaarlikse brandstofverbruik tans op 1,7 miljard liter.
Volgens Ipinge is die beplande tolstelsel nie op sy omstrede Suid-Afrikaanse eweknie gegrond nie, maar op uitgebreide navorsing en ’n voldoende haalbaarheidstudie.
“Ons kyk nie na ’n elektroniese tolstelsel nie, maar na ’n tolhekstelsel. Dit sal nie daarna betaal word nie, jy sal betaal soos jy gaan.
“Ons het nog ’n ent om te gaan voordat dit geïmplementeer word, maar ons kan nie ons paaie onderhou nie en dit is van kritieke belang dat ons voorbereid moet wees hiervoor,” het hy gesê.
Van die veranderings in padheffings wat mnr. Namene Kalili, die RFA se uitvoerende beampte vir beleidsbestuur, voorstel, sluit ’n literverhoging van 50% op die brandstofheffing, ’n 10%-verhoging op massa-afstandheffings en ’n 10%-verhoging in oorgrensheffings in, asook ’n verhoging van 10% in fooie vir abnormale vragte en nog 10%-verhoging op openbare vervoerpermitte.
‘UITBUITING’
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), het die stap Dinsdag veroordeel en dit “uitbuiting van die mense” genoem.
Mnr. Hidipo Hamata, die partywoordvoerder, het in ’n verklaring gesê: “Die ekonomiese las op verbruikers vandag kan nooit toelaat dat daar van mense verwag word om meer te betaal met wisselvallige oliepryse nie. Die instelling van tolhekke in Namibië sal swaar op vervoergebruikers weeg.”
Die president van die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta), mnr. Jeffrey Platt, het gesê hy glo nie Namibië se bevolkingsgrootte regverdig die implementering van ’n tolstelsel nie.
“Ek dink nie dit is ’n goeie idee nie, want ons bevolking is nie so groot soos ons buurland Suid-Afrika en ander lande wat tolstelsels gebruik nie,” het hy gesê.
Platt het bygevoeg dit kan verkeersvloei op paaie waar tolhuise opgerig word, beïnvloed.
“Ja, die RFA en die Paaieowerheid (RA) het ’n inkomste nodig, maar ek dink nie dit is ’n goeie besluit nie.”
HOëR INKOMSTE
Intussen het Ipinge gesê die RFA se inkomste het teen Maart vanjaar met 11% tot N$2,42 miljard gestyg, waarvan meer as N$2,2 miljard in die bestuur, instandhouding en rehabilitasie van nasionale paaie belê is.
Die oorblywende fondse is gebruik om skuld terug te betaal en uitstaande skuld en lenings op datum te bring, het hy gesê op ’n jaarlikse konsultasievergadering met belanghebbendes wat op 1 November in die hoofstad gehou is.
“Ons het N$350 miljoen van die plaaslike mark ingesamel om die vlagskipstrategie te implementeer [lae-volume verseëlde paaie].
“Meer as 14 paaie landswyd is opgegradeer na lae-volume verseëlde paaie en RFA het aandag gegee aan groot rehabilitasieprojekte op belangrike nasionale paaie soos Mariental-Keetmanshoop, Karibib-Omaruru, Rundu-Divundu en Onunho-Eenhana,” het hy gesê.
“Ons het ook bygedra tot die opknapping en instandhouding van paaie in die Etosha Nasionale Park om die toerismebedryf te ondersteun en die regering bygestaan met die program vir arbeids- en toegangspaaie, wat ons gemeenskappe verbind met kritieke dienste en geriewe soos skole, klinieke en hospitale.”
‘MASSIEWE VERMINDERING’
Ipinge het verder daarop gewys dat die inkomste deur die Padgebruikersheffingstelsel (Rucs) na verwagting met 32% van N$2,35 miljard tot N$3,1 miljard sal groei, en dat uitgawes aan beleggings in die padsektor na verwagting met 21% van N$2 miljard tot N$3,3 miljard sal toeneem.
Rucs verwys grootliks na jaarlikse voertuigregistrasiefooie, fooie op abnormale vragte, oorgrensheffings, brandstofheffings en massa-afstandheffings.
Volgens die RFA-hoof is dit ondanks die “massiewe vermindering” van N$350 miljoen in inkomste in reaksie op ’n regeringsversoek om die brandstofheffing met 50% te verminder om burgers te beskerm teen die impak van die brandstofverhoging in April vanjaar wat deur die konflik tussen Rusland en Oekraïne meegebring is.
Die RFA benodig ’n bykomende N$500 miljoen om plaaslike owerhede se paaie te finansier, wat 57 plaaslike owerhede en 14 streekrade insluit, het hy gesê.
“Jy moet ook jou eie inkomste in jou dorp insamel om jou infrastruktuur te finansier. As jy vergelyk in terme van die huidige mandaat, deur die RA, finansier ons die padadministrasie en -programme ten volle.
“Ons het uit ons pad gegaan om [ooreenkomste] met elke plaaslike owerheid te teken om hierdie mandaat uit te brei om te help om hul paaie baie beter te bestuur,” het hy gesê.
ONVOLDOENDE FINANSIERING
Mnr. Oshoveli Tuli Hiveluah van die RA het gewaarsku die huidige goedgekeurde begroting is nie voldoende om die bestaande padnetwerk in stand te hou nie en sal lei tot baie swak en ontoeganklike paaie binne ’n tydperk van vyf jaar. Dit sal ook die reeds hoë padsterftesyfers laat toeneem, het hy gesê.
Hy het namens die RA se uitvoerende hoof, mnr. Conrad Lutombi, gesê 7% van die totale padnetwerk is swak tot baie swak en daar is ’n reusebehoefte daaraan om paaie te herseël.
“Padgebruikers se bydrae is tans nie voldoende vir die RFA om instandhouding te finansier nie.”
Die slegte paaie veroorsaak skade aan voertuie en verhoog brandstofverbruik, het hy gesê.
Volgens Hiveluah staan die huidige onderhoudbegrotingstekort op sowat N$2,4 miljard.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie