TransNamib ondersoek steeds lokomotiefvoorval

Kenya Kambowe
Ses weke het reeds verloop nadat een van TransNamib se lokomotiewe 150 kilometer in trurat gery het met geen bemanning aan boord.

Volgens TransNamib ondersoek hy steeds wat gelei het tot die voorval wat baie as 'vreemd' beskryf het.

Die voorval het op 24 Mei plaasgevind en het veroorsaak dat 'n noodrem geaktiveer word wat skade aan 10 sleepwaens tot gevolg gehad het. Die TransNamib-lokomotief met meer as 20 sleepwaens was by Oshivelo gestasioneer.

TransNamib-amptenare het tydens die voorval langs die trein gery, maar kon dit nie keer nie. 'n Oproep is uiteindelik gemaak om die noodrem te aktiveer wat gelei het tot 'n botsing by Ondangwa se Omashaka-gebied, waar beamptes daarin geslaag het om die lokomotief en sy sleepwaens tot stilstand te bring.

Destyds is berig dat die drywer en die assistent besig was om 'n probleem buite die trein te ondersoek toe dit in trurat begin beweeg het.

WORD NOG ONDERSOEK

Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het by navraag vir kommentaar gister aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê die ondersoek duur steeds voort en die maatskappy sal homself eers uitspreek wanneer dit afgehandel is.

“Die ondersoek is nog aan die gang. Ons prioritiseer die deeglikheid van ons ondersoekproses weens die kritieke aard van ons bedrywighede,” het sy gesê.

“Soos uiteengesit in ons beleid, word TransNamib verplig om gevestigde gedetailleerde prosedures vir alle voorvalondersoeke te volg. Dit is noodsaaklik dat ons hierdie proses voltooi voordat ons definitiewe inligting verskaf oor die oorsaak van die ontsporing. Daarom, totdat die ondersoek afgehandel is, kan ons nie spekuleer oor die oorsaak van die ongeluk nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!