TransNamib se werkers stem ook oor staking
Natau dring aan op salarisverhogings
TransNamib word teen 'n verlies van N$10 miljoen per maand bestuur.
Werknemers van TransNamib sal op 12 Augustus hul kruisie trek om te stem of hulle tot ’n staking sal oorgaan.
Die voorsitter van Transnamib se direksie, mnr. Lionel Matthews, het dit Dinsdag bekend gemaak.
Matthews en die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, het Dinsdag ’n nuuskonferensie gelei en inligting oor verskeie kwessies in verband met die stand van sake by dié staatsonderneming gedeel.
Matthews het gesê die regering stel N$175 miljoen in hierdie boekjaar aan TransNamib beskikbaar om sy sakeplan uit te voer.
Dit behels ook om aan vereistes te voldoen wat deur die ontwikkelingsbanke van Suid-Afrika en Namibië gestel word om ’n lening van N$2,5 miljard beskikbaar te maak.
Met dié plan verwag TransNamib om teen volgende jaar nie meer ’n verlies te toon nie; drie miljoen ton vrag per spoor te vervoer; en uitnemendheid as maatskappy en werkgewer te bereik.
Dié spoorvervoermaatskappy moet egter eers ’n moontlike staking oorleef, nadat die kantoor van die arbeidskommissaris ’n sertifikaat van geskil uitgereik het, en TransNamib reeds in Junie met die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) oor reëls vir ’n staking ooreengekom het.
Natau wil staak nadat onderhandeling vir salarisverhogings sedert 2019 doodgeloop het.
Smith sê egter die maatskappy is nie in enige posisie om verhogings toe te staan nie.
“As ’n maatskappy wat op verliese van meer as N$10 miljoen per maand bestuur word, is die finansiële situasie onseker,” het hy dié week gesê.
Altesaam N$30 miljoen van die geld wat die regering bewillig, sal gebruik word om TransNamib se gebrek aan kontantvloei te verbeter, sê hy.
Die res sal gebruik word om lokomotiewe meer doeltreffend te onderhou en nuwe lokomotiewe aan te koop; infrastruktuur op te gradeer; meer waens en tenkwaens te koop; en werknemers se werksomstandighede veiliger te maak.
TransNamib moet verder N$120 miljoen deur die verkoop van ongebruikte eiendom inwin.
Die raad sal tot Maart 2023 elke maand vergader om die bestuur te help om dié doelwitte te bereik.
“As TransNamib maar 10% tot 20% van vorige volumes terug kan kry, kan die onderneming binne drie tot vyf jaar winsgewend word,” sê Matthews.
Hy verwag dat daar wel nywerheidsoptrede sal wees, en dat dit die herlewing van TransNamib sal kniehalter.
“Enige vorm van nywerheidsoptrede sal ons vordering ontspoor. Dit sal vir niemand enige goeie uitkoms lewer nie,” het Smith gesê.
Natau wou reeds op 18 Julie gereedskap neerlê, voordat die raad die howe op die nippertjie genader het om dit te keer.
Die skikkingsooreenkoms wat daaruit gelei het, stipuleer dat die vakbond sy lede moet laat stem om te besluit of hulle wil staak.
Smith en sy bestuur werk aan gebeurlikheidsplanne om ontwrigting weens ’n staking tot die minimum te beperk.
Hy sê TransNamib se bestuur is in kontak met kliënte om te verseker dat dienslewering nie onderbreek word ten spyte van enige nywerheidsoptrede.
“Ons hoop en doen steeds ’n beroep op TransNamib se werknemers om die ernstige gevolge van nywerheidsaksie op die reeds sukkelende instelling te evalueer en te verstaan,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie