TransNamib skik met stakers
Verhogings van 3,5% tot 5,5% toegestaan
Verhogings wat die nasionale karweier Vrydag toegestaan het, sal net vir drie maande terugwerkend uitbetaal word en nie vir 'n hele twee jaar nie.
TransNamib het Vrydag 'n ooreenkoms met die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) onderteken om 'n staking wat op 17 Augustus begin het in die kiem te smoor.
Die verhogings waartoe ingestem is, raak volgens die karweier se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, meer as 1 200 werknemers.
Die topbestuur is uitgesluit.
TransNamib sal 5,5% meer betaal aan werknemers op posvlakke A1 tot A3, terwyl 'n verhoging van 4,5% op posvlakke B1 tot B5 toegestaan is. Middelvlakwerknemers op posvlakke C1 tot C5 sal 3,5% meer ontvang.
Vervoertoelae sal met N$100 vanaf N$542 tot N$642 per maand verhoog vir werknemers in posvlakke A1 tot C5.
Die karweier het volgens Raubenheimer "in die gees van welwillendheid" besluit dat stakers wel betaal sal word vir die tyd wat hulle nie by die werk was nie. In ruil het Natau ingestem dat verhogings net terugwerkend vir drie maande betaal sal word en nie vir die volledige 25 maande waaroor beding is nie.
"In die gees om eenheid te bewerkstellig en te verseker dat TranNamib 'n trajek van verandering volg wat die maatskappy volhoubaar sal maak, het TransNamib en Natau ooreengekom om 'n verenigde span tussen die onderskeie partye te vorm," lui Raubenheimer se nuusvrystelling. Hiervolgens sal die bestuur en vakbond minstens een keer per maand in gesprek tree om verhoudings op 'n goeie voet te hou. Die doel, sê Raubenheimer, is om spanbou, die verandering van die kultuur in die onderneming en bowenal goeie prestasie deur alle werknemers aan te moedig.
Die partye het ooreengekom om maandelikse inkomste teen die begin van die nuwe boekjaar tot gemiddeld N$45 miljoen te verbeter.
Daar sal in 2023 opnuut oor verhogings onderhandel word.
Die vervoeronderneming worstel vir oorlewing, met toenemende eise uit vakbondkringe dat die uitvoerende hoof afgedank moet word en dat bevindinge van 'n oudit openbaar gemaak moet word.
EIENDOM
Onlangs het TransNamib sowat N$40 miljoen se eiendom opgeveil om broodnodige kapitaal en kontant te genereer.
Jemima Beukes van Namibian Sun berig dat meer as een geskille oor eiendom tans in die siviele hof dien.
Die karweier wil onder meer die privaatskool uitsit wat in die ou Talpark-geriewe naby Windhoek se stasie gehuisves word. Huur beloop N$43 681 per maand, maar die huurder, die Instituut vir Bestuurswetenskap (IMS), het al in 2018 agterstallig geraak. Die huurooreenkoms is sedert 2006 herhaaldelik hernu.
Volgens me. Lucy Bolo van IMS het TransNamib nie 'n titelakte of ander dokumente aan die hof voorgelê om eienaarskap te bewys nie. IMS staan 'n summiere uitsettingsbevel teen en voer aan 40 mense sal hul werk verloor as die skool moet sluit. Volgens Bolo kon die munisipaliteit van Windhoek nog nie 'n alternatiewe perseel aan die skool beskikbaar stel nie. IMS voer ook aan hy word ingeloop met dienstariewe omdat verskeie besighede op die perseel net een meter het.
TransNamib eis ook die Windhoek-rolbalklub se perseel terug. 'n Huurooreenkoms van N$1 200 per maand is in Mei 2007 gesluit.
Die saak is op die rol vir bemiddeling en 'n statusverhoor is vir 20 September 2022 geskeduleer.
Die rolbalklub staan ook sy uitsetting teen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie