TransNamib-werkers stem om te staak
Oorweldigende steun vir staking
Die nasionale spoorweg-staatsonderneming staar arbeidsonrus in die gesig.
Lede van die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) wat by TransNamib werksaam is, het Vrydag oorweldigend ten gunste van ’n staking gestem. Sewe-honderd-agt-en-tagtig werknemers uit 1 024 in die betrokke onderhandelingseenheid het gestem.
Altesaam 726 het gestem om tot ’n staking oor te gaan, 22 het teen ’n staking gestem en 40 stembriewe was bedorwe. Dit nadat onderhandelinge oor salarisverhogings ’n doodloopstraat bereik het.
’n Kennisgewingsperiode van 48 uur het gister begin en is aan TransNamib deurgegee, volgens die vakbond.
"Die partye sal gedurende hierdie tydperk en daarna beskikbaar wees om te vergader - op aanvraag van ’n party of die bemiddelaar - in ’n poging om die geskil op te los," lui Natau se verklaring wat sy algemene sekretaris, me. Narina Pollmann, vandag onderteken het.
Sy sê die kennisgewing – saam met die amptelike uitslag van die stemproses – is by TransNamib se uitvoerende beampte vir menslike hulpbronne, mnr. Webster Gonzon, ingedien.
“Die uitvoerende beampte het selfs geteken. Ek het die bewyse,” sê sy.
Volgens haar is die uitslag en die kennisgewing op amptelike vorms van die kantoor van die arbeidskommissaris ingevul en ingedien.
Dit nadat TransNamib ’n vorige poging om te staak op 29 Julie op die nippertjie deur die howe kon keer.
“Die staking sal om en by twaalfuur afskop,” sê Pollmann.
TransNamib se woordvoerder, me. Abigail Raubenheimer, het ontvangs van die kennisgewing erken en sê ten spyte die staatsonderneming se noodplan is dit ’n feit dat die nywerheidsoptrede werksaamhede en normale diensskedules sal belemmer.
“Ons sal probeer om noodsaaklike treindienste aan diegene te verskaf vir sleutel- en strategiese kommoditeite en roetes; binne ons operasionele vermoëns,” sê sy egter.
Raubenheimer het bevestig dat die beginsel van geen werk, geen betaling vir die stakende werknemers sal geld.
Met die ondersteuning van die regering sal TransNamib se bestuur probeer om die kwessie dringend op te los, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie