No Image Caption

Trein vol swaelsuur ontspoor tussen Otjiwarongo, Otavi

Ronelle Rademeyer


'n Trein met 13 waens vol swaelsuur het omstreeks halftien Donderdagaand noord van Otjiwarongo naby die Platveld-stasie ontspoor. Dit is in die omgewing van die B2Gold-goudmyn.

Dit is deur twee lokomotiewe getrek, wat ook ontspoor het.

Dié inligting is pas deur me. Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib, bevestig.

Sy sê aangesien van die swaelsuur uit die waens gelek het, is die gebied afgekordon en opruimingswerk is aan die gang om die omgewingskade te beperk.

Die ontsporing het plaasgevind byna dag en datum een jaar nadat ’n trein met 18 waens vol swaelsuur in Julie 2021 op byna dieselfde plek ontspoor het.

Donderdagaand se ontsporing het ook plaasgevind minder as 12 uur nadat treinwaens naby Arandis van die spoorlyn geloop en omgeslaan het.

Niemand is beseer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!