Die ysterwiele het weer die afgelope feestyd mense uit en na die hoofstad van Namibië huis toe gebring. Foto Tanja Bause
Die ysterwiele het weer die afgelope feestyd mense uit en na die hoofstad van Namibië huis toe gebring. Foto Tanja Bause

Treinritte in feestyd vind byval

Goedkoop vervoer red vakansiegangers
Eerste passasier treindienste sedert die uitbraak van die pandemie gebied
Augetto Graig
TransNamib het oor die afgelope feestyd vir die eerste keer sedert die inperkings van die Covid-19-pandemie in Namibië weer passasiers per trein vervoer – met groot sukses.

Volgens TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, was die gewildste rit die mees onlangse een vanaf Oshikango na Windhoek en van daar na Walvisbaai, toe tot 170 mense saamgery het.

Hoewel die rit vanaf Ondangwa tot in die hoofstad 24 uur neem, en vanaf Windhoek na die kus ook nog 10 ure teen 60 km per uur, het passasiers met filmvertonings en slaapgeriewe die nostalgiese ervaring geniet.

Boonop was die besparing op kaartjiepryse vanaf N$200 tot N$300 ook baie welkom soos Januarie aangebreek het.

Tussen Keetmanshoop en Windhoek was ’n kaartjie ook net N$200.

“TransNamib, as ’n verantwoordelike korporatiewe burger, het sy passasierstreindienste teen afslagtariewe bestuur, deur die tariewe vir senior burgers en kinders tussen 6 en 12 teen ’n afslagkoers van 50% te subsidieer,” voeg sy by.

TransNamib het dié passasiersdienste vanaf 9 Desember tot op 8 Januarie gebied en altesaam agt lokomotiewe hiervoor ingespan.

“Hierdie huidige skedule het op 8 Januarie geëindig. Ons sal dié dienste slegs tydens spitstye in die loop van hierdie jaar aanbied,” het Raubenheimer uitgebrei.

Sy sê TransNamib sal voortgaan om spesiale passasierstreindienste te bied, “onderhewig aan ons lokomotiefkapasiteit sowel as die toestand van die spore.

“Ons lokomotiefkapasiteit beperk ons om ’n meer gereelde diens in te stel, maar ons werk daaraan om die kapasiteit te vergroot sodat ons gereelde passasiersdienste, wat betroubaar is, kan hervat. Ons spoorweë is ook geneig tot kwesbaarheid weens weersveranderinge en veral verspoelings as gevolg van reën of oorstromings,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!