Die Trip-stelsel wat padverkeer in 25 Afrikalande sal monitor, word in Paratus se Armada datasentrum in Windhoek gehuisves. Foto argief
Die Trip-stelsel wat padverkeer in 25 Afrikalande sal monitor, word in Paratus se Armada datasentrum in Windhoek gehuisves. Foto argief

Trips monitor vervoer in Afrika

Augetto Graig
Die Vervoerregister en inligtingplatformstelsel (Trips) saam met die Korridor-ritmoniteringstelsel (CTMS) word vandag in Windhoek bekendgestel.

Die sekretariaat van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en die Paaieowerheid (RA) het in ’n mediaverklaring gesê dat die stelsels wat reisdokumente, voertuiglisensies, permitte en besonderhede in 25 Afrikalande opteken, nou in Namibië gehuisves word.

Lidlande van die Gemeenskaplike mark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa) en die Oos-Afrika-gemeenskap (EAC), werk nou saam met SADC-lande om Trips en CTMS te implementeer met die doel om vervoer en transito-beheer te bevorder, met finansiële hulp vanaf Duitsland en die Europese Unie (EU).

Altesaam 18 miljoen euro, of sowat N$350,3 miljoen is hiervoor bewillig.

Vier SADC-lidlande, naamlik Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe, was deel van die CTMS-proeflopie wat op dele van die Trans-Kalahari-korridor, die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor en die Noord-Suid-korridor geïmplementeer is.

Die CTMS word tans na ander lidlande, insluitend Malawi en Mosambiek, uitgebrei.

Dié stelsel sal binnekort verder ontwikkel word om met ander stelsels buiten vervoer en openbare gesondheid in te skakel, soos immigrasie, as deel van die digitalisering van handel en vervoertransaksies, regulasies en wetstoepassing, volgens die verklaring.

Paratus se nuwe datasentrum Armada, wat in Augustus 2022 geopen is, is die nuwe tuiste van dié inisiatief.

Die datasentrum sal vandag gasheer speel en spesiale gaste op ’n toer neem om dié nuwe tuiste te verken.

Die gaste sluit na verwagting die voorsitter van ’n drieledige taakmag (SADC, Comesa en EAC), Chileshe Kapwepwe, en die sekretaris-generaal van Comesa, Gosia Lachut, in

Die adjunkminister van werke en vervoer, Veiko Nekundi sal na verwagting die amptelike toespraak lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!