Twee seereuse se paaie kruis

Twee passasierskepe het gister gelyk in Shearwaterbaai op Lüderitz voor anker gelê. Die MSC Sinfonia (links) is op pad na Kaapstad, terwyl die Noorse passasierskip Jade op koers terug na Noorweë is.

Die Jade het Dinsdag in Lüderitz aangekom en gister weer na Walvisbaai vertrek. Die skip – met ’n kapasiteit van 2 402 passasiers en altesame 3 590 mense – sal vandag sy reis voortsit.

Die MSC Sinfonia het ’n totale kapasiteit van 2 199 mense.

Volgens Phil Balhao, voorsitter van die bestuurskomitee van die Lüderitz dorpsraad, het beide skepe in Shearwaterbaai geanker omdat die hawe van Lüderitz te klein vir sulke groot passasierskepe is.

“Die groepe mense is met kleiner bote aan land gebring. Ons is baie bly oor al die toeriste wat ons dorp besoek. Die hele dorp wemel van die mense,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!