FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Vlieënier had nie sweeftuiglisensie

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die Deense burger wat in Januarie in ’n sweeftuigongeluk naby Rehoboth dood is, het geen opleiding of goedkeuring gehad om ’n sweeftuig te vlieg nie.

Volgens ’n voorlopige verslag van die ministerie van werke en vervoer se direktoraat vir vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het die 54-jarige Joern Steinbeck ’n private vlieënierslisensie gehad wat deur die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) uitgereik is, maar het dit reeds op 17 Oktober 2018 verval.

Die laaste aangetekende vlug in sy logbook was op 22 September 2017.

Volgens die hoofondersoeker Hafeni Mweshixwa was daar geen aanduiding in die logbook en bestaande rekords dat Steinbeck gemagtig was of opleiding ontvang het om ’n sweeftuig te vlieg nie.

Die noodlottige voorval het op 29 Januarie plaasgevind toe die sweeftuig kort ná opstyging vanaf kamp 15 by Bahnhoff sowat 15 km suidoos van Rehoboth neergestort het.

Volgens die verslag is die sweeftuig met ’n tou aan ’n voertuig vasgemaak. Steinbeck was te alle tye in kontak met die bestuurder van die voertuig via radio.

Volgens die verslag het alles tydens die lansering glad verloop en het die sweeftuig hoogte begin kry. Sowat 20 sekondes en ongeveer tussen 500 tot 600 meter verder het die sweeftuig vanaf ’n hoogte van 70 tot 100 meter grond toe getuimel.

Videomateriaal van ’n getuie wys ’n skielike vinnige val onder toe en gevolglike botsing met die grond. Steinbock is op slag dood.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!