Vragte ‘binnekort’ hervat
Lufthansa is “goed op dreef” om die hantering van internasionale vragte na en van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te hervat.
Discover Airlines, ’n lid van die Lufthansa-groep, wou egter ná verskeie navrae nie die presiese datum bevestig nie.
“Ek kan inderdaad soos vroeër bevestig ons gaan vragbedrywighede binnekort hervat. Daar is op die oomblik niks wat ons van ons kant af wil byvoeg nie,” het Leonie Bueb, die direkteur vir korporatiewe kommunikasie en die woordvoerder vir Discover Airlines, gesê.
Volgens Bueb verskaf die lugredery ook nie inligting oor prosesse en ouditstrukture van die Lufthansa-groep nie.
Sy het vroeër bevestig vragbedrywighede is tydelik op die lughawe gestaak nadat Paragon Aviation die grondhanteringsdienste oorgeneem het.
“Nadat ons die prosesse vir die hantering van passasiers suksesvol met die nuwe verskaffer opgestel het, is ons nou besig om vragbedrywighede op te neem,” het Bueb gesê.
Sy het verduidelik as deel van die Lufthansa-groep se globale standaarde moet elke verskaffer van grondhanteringsdienste gereelde oudits ondergaan om aan die groep en ook die Europese Unie se agentskap vir lugvaartveiligheid (EASA) se standaarde te voldoen.
Die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), Bisey /Uirab, sê die aanstelling van Paragon as verskaffer van grondhanteringsdienste sluit ook die hantering van vrag in.
“Paragon het tydens die tenderproses en die gevolglike bedrywighede aan al die vereistes voldoen om vrag te hanteer,” het /Uirab gesê.
Volgens hom is die internasionale standaarde waarna verwys word spesifiek vir die Europese mark en dui dit op ’n RA3-voldoening (compliance). Laasgenoemde word uitgereik aan ’n grondhanteerder wat ’n sertifiseringsproses ondergaan het.
“Wat nou vereis word, is vir lugrederye om dieselfde sertifisering (ACC3) te kry. Dit is ’n vereiste vir ’n lugredery, nie vir grondhantering nie.”
/Uirab verduidelik dit vereis van die lugredery om ’n “Station Set Up”-proses te ondergaan en wat tans met die Lufthansa-groep onderweg is.
“Dié proses kan slegs onderneem word wanneer die grondhanteerder met bedrywighede begin. Dit kon nie vroeër verkry word nie, omdat dit ’n inspeksie en ouditproses behels,” het /Uirab gesê.
Volgens hom het Paragon die sertifisering ondergaan kort nadat die maatskappy as verskaffer van grondhanteringsdienste ná 19 Augustus oorgeneem het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie