Vragte op Hosea Kutako gestrand
Vervalde sertifisering veroorsaak oponthoud
Sommige uitvoerders moes hul daartoe wend om vliegtuie te huur, óf vervoer hul vragte uitsluitlik per vragmotor na Suid-Afrika en van daar na verbruikers oraloor die wêreld.
Mathias Haufiku - Tonne uitvoergoedere kan nie vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako uitgevlieg word nie, omdat die diensverskaffer se keuringsertifisering verval het, het die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) bevestig.
Menzies Aviation, wat ’n kontrak met Namibia Protection Services (NPS) aangegaan het om sekondêre vraginspeksies te doen, is die gemagtigde grondhanteringsagent by die land se grootste lughawe.
Die stilstand duur reeds sedert die eerste week van April, met geen einde in sig nie.
Lugrederye wat tans van die lughawe gebruik maak, sluit in Eurowings, TAAG Angola, Airlink, Qatar Airways, Ethiopian Airlines, FlyNamibia en South African Airways.
Bronne in die binnekringe van die bedryf het gesê NPS se sertifisering het verval en hy kan dus nie voortgaan om sy werk te doen nie.
Volgens lughaweprotokol word primêre vraginspeksies deur die Namibiese polisie (Nampol) gedoen en sekondêre monitering deur die grondhanteerder.
Met lugvragagente wat noodgedwonge hul bedrywighede moet opskort sover hul uitvoere via lugrederye betref, moet kliënte die feit aanvaar dat hulle óf ekstra moet betaal om alternatiewe vervoerreëlings te tref, óf die risiko loop dat hul bederfbare vrag kan verval as die kwessie nie opgelos word nie.
Die situasie het selfs die punt bereik waar sommige uitvoerders hulle daartoe wend om vliegtuie te huur of hul vragte uitsluitlik per vragmotor na Suid-Afrika vervoer, en van daar na verbruikers oraloor die wêreld.
TRAP VERSIGTIG
Van hierdie doodloopstraat het Qatar Airways onlangs aangekondig hy het tot verdere kennisgewing ’n verbod op alle versendings vanaf Windhoek geplaas.
“Alle versendings op môre se vlug en die dae daarna sal gekanselleer word totdat ons goedkeuring ontvang om weer voort te gaan,” lui ’n e-pos wat die lugredery meer as ’n week gelede aan sy kliënte uitgestuur het.
Die NAC-bestuur is glo nie ten gunste van die lughawe se huidige verbod op vraguitvoere nie.
Bronne sê egter die NAC moet versigtig trap na aanleiding van sy gespanne verhouding met Menzies.
NAC en Menzies is tans in ’n regstryd gewikkel nadat laasgenoemde die lughawemaatskappy hof toe gesleep het omdat hulle nie die grondhanteringskontrak wat Menzies sedert 2014 het, wou hernu nie.
Die NAC wil glo hê die uitvoere moet hervat word, ondanks die sertifiseringsprobleme.
“NAC voer aan [die Namibiese polisie] kan die primêre inspeksie doen terwyl die diensverskaffer sy sertifiseringskwessies uitklaar, want [die polisie is] gesertifiseer deur die reguleerder.
“Op die oomblik wil dit voorkom of NAC nie gesag wil afdwing nie weens die voortslepende hofsaak,” het ’n bron naby aan die saak gesê.
Sommige lugvragagente het intussen die kwessie met lugvaartowerhede opgeneem en hulle versoek om in te gryp.
‘WERK DAARAAN’
Bisey Uirab, uitvoerende hoof van NAC, sê hy is bewus van die situasie, “maar dis slegs op uitgaande vragte, spesifiek na die Europese Unie (EU)-mark”.
“Vragte gaan deur twee siftingsprosesse – ’n primêre een deur Nampol en ’n sekondêre skandering deur die grondhanteerder, Menzies Aviation. Die sekuriteitspersoneel wat Menzies tans gebruik, NPS, kon nie in hierdie stadium hersertifisering kry nie,” het hy verduidelik.
“Ten slotte, neem kennis dat die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) die owerheid is wat die sertifikaat moet uitreik en dat die NCAA, NPS en Menzies in gesprek met mekaar is," het hy gesê.
GROOT PROBLEME
Terwyl die skielike stilstand van die luguitvoerdienste ’n groot terugslag vir alle gebruikers is, sê sommige besighede die situasie hou ernstige finansiële implikasies vir hul bedrywighede in.
Een so ’n maatskappy is die Merlus-groep, wat sy vis via die lughawe uitvoer.
Stanley Katzao, die voorsitter, het die oponthoud as ’n “groot probleem” beskryf.
“Hierdie situasie het ons negatief geraak omdat ons gedwing word om ’n ander roete te gebruik en ons visprodukte na Johannesburg te stuur en dit dan na die eindmark te vervoer. Die verandering in logistiek verkort die venster om ons produkte na die eindgebruikers te vervoer en ons moet ekstra kostes aangaan,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie