BOTCHED LANDING: A Westair Cessna F406 aircraft made an emergency landing and destroyed a farmer’s crop field. Photo for illustration only.
BOTCHED LANDING: A Westair Cessna F406 aircraft made an emergency landing and destroyed a farmer’s crop field. Photo for illustration only.

Westair in die sop oor noodlanding

Boer eis miljoene
Ogone Tlhage
ˊn Windhoek-gebaseerde boer, Isak Nahum, het ˊn eis teen die lugvaartmaatskappy Westair Limited ingestel, nadat een van sy vliegtuie gedwing is om ˊn noodlanding in een van sy landerye te maak en wat volgens Nahum tot aansienlike skade aan sy beplande oes gelei het. Nahum eis N$1,66 miljoen vir die verlore oes vir die seisoen wat in November 2023 geëindig het asook beskadiging van eiendom. Hy eis ook N$1,56 miljoen vir die verlies van inkomste vir die Desember 2023 - April 2024 oesseisoen. Nahum se totale skadevergoedingseis teen Westair Limited is sowat N$3.22 miljoen. hy beweer in hofstukke die vliegtuig wat op 24 Oktober 2023 vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) naby Windhoek vertrek het en toe ˊn noodlanding op sy plaas moes uitvoer, sowat 200 meter van die heining om die plaas se besproeiingsisteem vernietig het. Dit is nie bekend waarheen die vliegtuig onderweg was nie.

Volgens Nahum sal enige herstelwerk aan die beskadigde heining eers toegelaat word, nadat alle ondersoeke op die landingstoneel en ook die verwydering van die vliegtuig afgehandel is. Hy beweer sy vee wei in die veld waar die noodlanding plaasgevind het en het gevolglik al die aangeplante gewasse opgevreet.

"As gevolg van die skade aan die heining het vee op 1 November 2023 die gebied binne gegaan wat deur die besproeiingstelsel gedek word. Dit het tot skade aan die elektriese en bemestingstelsel op die besproeiingstelsel gelei, terwyl gewasse en spesifiek koring, uie en gars deur die geëet is," aldus die hofstukke. Nahum beweer dit het daartoe gelei dat hy nie tydens die plantseisoen kon plant en gevolglik oes nie en wat Westair volgens hom aanspreeklik maak vir die verlies van inkomste wat hy gelei het. Volgens die hofdokumente het Nahum beplan om mielies op 23,3 hektaar en bone op 23,3 hektaar van sy plaas te plant. Dit sou lei tot inkomste van N$1,8 miljoen vir die mielies, en N$1,2 miljoen vir die bone. Weens die noodlanding en die gevolglike skade moes Nahum na bewering ondermeer beskadigde pale en spanningsdraad verwyder, vervang en weer oprig. Hy word verteenwoordig deur Andrew Naunyango van Jauch Incorporated. WestAir se regsverteenwoordiger is nog nie bekend gemaak nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!