SOLD: Air Namibia’s two Embraer aircraft have been sold to local leasing company, Wings Aviation.
SOLD: Air Namibia’s two Embraer aircraft have been sold to local leasing company, Wings Aviation.

Wings Aviation koop Air Namibia se vliegtuie

FlyNamibia nié by transaksie betrokke
Die maatskappy beskik oor 'n aantal vliegtuie wat aan lugrederye en lugvaartoperateurs regoor Afrika verhuur word.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - 'n Maatskappy waarin Wolfgang Grellmann, die Westair-groep se voorsitter en direkteur, en die groep se besturende direkteur, Gustav Holz, as direkteure dien, besit nou twee Embraer-vliegtuie wat destyds aan Air Namibia behoort het. Dié transaksie kom midde beskuldigings dat die vliegtuie onderduims deur die bankrotlugredery se likwidateurs Bruni en McLaren verkoop is.

Die lugvaartvennote Progress Aviation en AB Airlines het Bruni & McLaren CC verlede jaar van onetiese optrede beskuldig.

Dit nadat die likwidateurs na bewering geweier het om die aanbod te oorweeg wat die vennote gemaak het vir twee Embraer 135-stralers - wat hulle van plan was om te koop ná die lugredery se ondergang in 2021.

Dié bewerings is gemaak in 'n brief, gedateer 15 November, aan die waarnemende minister van openbare ondernemings, Iipumbu Shiimi.

By navraag het Bruni en McLaren bevestig die vliegtuie is aan Wings Aviation verkoop.

Grellmann en Holz het die transaksie bevestig, maar het gesê die vliegtuie kan nie op die oomblik in gebruik geneem word nie.

EIENAARSKAP

“Die vliegtuie is nie tans lugwaardig nie, aangesien dit vir meer as drie jaar gestaan het en voorlopig volledige opknapping en instandhouding verg. Na hierdie instandhouding afgehandel is sal die vliegtuig aan kliënte verhuur word wat enige van die huidige of nuwe kliënte kan insluit,” het Gruellmann en Holz gesê.

Die duo het gesê Wings Aviation is 'n maatskappy wat vliegtuie verhuur en wie se kliënte Westair Aviation en FlyNamibia insluit.

“Wings Aviation Services is 'n maatskappy wat 100% in Namibiese besit is. Die maatskappy beskik oor 'n aantal vliegtuie wat aan lugrederye en lugvaartoperateurs regoor Afrika verhuur word,” het Grellmann en Holz gesê.

WESTAIR, FLYNAMIBIA NIE ‘N FAKTOR

Andre Compion, besturende direkteur van FlyNamibia, het gesê daar is geen verband tussen die twee maatskappye nie, ondanks Grellmann en Holz se band met FlyNamibia deur die Westair-group, wat ‘n 40%-aandelevennoot in FlyNamibia is saam met die Suid-Afrikaans-gebaseerde redery Airlink (40%). Die plaaslike prokureur Philip Ellis en Compion het albei ‘n aandeel van 10% elk in die lugredery.

“FlyNamibia het sy eie direksie, bestuur en personeel en ek is die besturende direkteur daarvan. Mnr. Grellman is nie 'n direkteur van FlyNamibia nie, en ook nie mnr. Holz nie. Daar kan onmoontlik enige botsende belange wees aangesien FlyNamibia in sy eie beste belange optree - heeltemal onafhanklik van Westair. As ons die vliegtuig by Wings Aviation sou huur, sal dit teen 'n kommersieel haalbare tarief vir beide partye wees, aangesien ons met enige ander verhuurder sal onderhandel,” het Compion gesê.

BEWEERDE ONGERYMDHEDE

In hulle bewerings oor omgerymdhede rakende die bieproses het Progress Aviation en AB Airlines aangevoer hulle het voldoen aan alle vereistes wat Bruni & McLaren vir die aankoop van vliegtuie gestel het, maar nie regverdig behandel is rakende dié transaksie nie.

Die vennote het verder ’n bewys dat die vliegtuie verkoop is van die likwidateurs aangevra, maar het nog geen reaksie ontvang nie.

“Ons het versoek dat die likwidateurs bewys lewer van die bieër se betaling en die proses wat gevolg is, aangesien ons aangeraai is om na Namibië te reis en ons aanbod in te dien volgens die likwidateur se vereistes, siende dat dit oop was vir alle belanghebbendes,” het hulle gesê.

“Gevolglik voel ons dat ons nie tydens hierdie proses met eerlikheid, deursigtigheid of regverdigheid behandel is nie. Ons versoek met respek dat [Shiimi se] kantoor ons ’n regverdige bieproses gun.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!