Wrakke nog op ongelukstoneel
Geen trein ry die afgelope 22 dae deur Aus
Die ontspoorde waens en mangaanerts lê nog steeds langs die spoor.
Op 20 April het nog ’n trein van TransNamib ontspoor wat mangaanerts vervoer het.
Dié ongeluk het sowat 30 kilometer buite Aus op pad na Lüderitz plaasgevind en twee van die vier beamptes op die trein is op die toneel dood. Die trein het 20 waens met mangaanerts vervoer. Die spoor is ook tydens die ongeluk beskadig.
Die ongelukstoneel – net voor die ou Garub-treinstasie en naby die waterpunt vir die wilde perde – is nog nie opgeruim nie met mangaanerts en die ontspoorde treinwaens wat steeds langs die treinspoor lê.
Volgens TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, word die opruimingswerk vertraag aangesien die maatskappy gespesialiseerde toerusting en permitte vir die opruiming moes bekom.
“Die ligging van die ongelukstoneel en die talle vakansiedae het die opruimingswerk ook vertraag. Opruimingswerk is tans aan die gang en behoort teen die einde van die week voltooi te wees. Die spoorlyn behoort ook weer toeganklik te wees.”
Die besturende direkteur van Master Riggers, Appies Absalom Fillipus, het egter gesê dit is onmoontlik om die spoorlyn teen Vrydag weer oop te maak. Sy maatskappy was ook betrokke by die opruiming van die eerste treinongeluk op 28 Februarie sowat 50 kilometer buite Lüderitz.
“Die 300 ton-hyskraan wat ons vir die opruiming benodig, was Woensdag eers op Mariental en sal eers vandag in Aus aankom. Ons sal heel moontlik eers Vrydag met die opruimwerk kan begin.
“Dieselfde hyskraan was besig en ons moes wag voordat ons hom kon stuur. Terwyl ons gewag het, het ons die abnormale vragpermitte gekry sodat ons so spoedig moontlik die hyskraan op ’n vragmotor op Walvisbaai kon laai en Aus toe stuur.”
Met die opruiming moet Master Riggers die twee lokomotiewe en waens stoor.
Volgens Raubenheimer het die trein 20 waens gehad, maar dit is onduidelik hoeveel van die waens ontspoor het.
“Ons is net vir die verwydering van die lokomotiewe en die waens verantwoordelik. Ons ruim nie die mangaanerts op nie. TransNamib is verantwoordelik vir die proses. Stootskrapers is Dinsdag gebruik om die waens langs die treinspoor bymekaar te stoot sodat dit makliker sal wees om op te lig. Wat met die erts gebeur het, weet ek nie,” het Fillipus gesê.
Volgens Dieter Curschmann, ’n inwoner van Aus, het daar voor die ontsporing omtrent elke dag ’n trein met mangaanerts deur Aus gery.
“Dit is gemiddeld een per dag, soms was dit twee en ander dae tot vier treine en vir die laaste 22 dae nie een nie. Ek kan my nie indink wat die verliese vir TransNamib of TradePort is nie.”
Hy sê ’n stootskraper en ’n voorlaaier het sowat ’n week gelede op die toneel aangekom.
“Die voorlaaier het vanaf Lüderitz gery en die stootskraper behoort aan ’n privaat persoon. Hulle het Maandag die waens van die spoorlyn afgetrek sodat hulle kon begin om die spoorlyn te herstel. Jy kan amper niks meer van die mangaanerts sien soos die masjienerie daar rondbeweeg het nie.”
Master Riggers het die twee lokomotiewe wat op 28 Februarie ontspoor het, gedurende Maart op die spoor getel.
Hulle het ook die treinwa met mangaanerts – wat in dieselfde ongeluk ontspoor het – op een van die waens op die spoorlyn gelaai. Beide lokomotiewe staan nog steeds op ’n sylyn.
“Ons het slegs die wrak op ’n ander wa gelaai en die lokomotiewe op die spoor getel. Wat met dit of die erts wat uitgeval het gebeur het, weet ek nie.”
MANGAANVERGIFTIGING
Mangaan is een van drie giftige noodsaaklike spoorelemente, wat beteken mense het dit nodig om te oorleef, maar terselfdertyd is dit ook giftig wanneer té hoë konsentrasies in die menslike liggaam teenwoordig is.
Die simptome van mangaanvergiftiging is hallusinasies, vergeetagtigheid en senuweeskade. Mangaan kan ook Parkinson se siekte, longembolie en brongitis veroorsaak.
Vir sommige diere is ’n dodelike dosis redelik laag, wat beteken dat hulle ’n skrale kans het om selfs kleiner dosisse mangaan te oorleef wanneer dit die noodsaaklike dosis oorskry.
Mangaanstowwe kan lei tot long-, lewer- en vaskulêre versteurings, lae bloeddruk, die ontwikkeling van dierefetusse beïnvloed en breinskade veroorsaak.
Hoogs toksiese konsentrasies van mangaan in die grond kan die swelling van selwande, verwelking van blare en bruin kolle op blare veroorsaak.
Bron: https://www.lenntech.com/periodic/elements/mn.htm#ixzz81IZOBQ9V
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie