Contaminated fish
Contaminated fish

Inwoners afgeraai om sekere visse te eet

Ministerie monitor situasie in Ohangwena
Die verwikkeling volg nadat dooie babers en kapentas met bloedvlekke by die dorp Omufitu waNakashole gevind is.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula – Gemeenskapslede wat rondom die Oshana Shanalumono-vloedvlaktes in die Ohangwenastreek woon, is gewaarsku om nie die vis uit vloedwater te eet nie omdat dit hulle moontlik kan siek maak.

Die Ohangwena-streekraad het die aankondiging gemaak nadat bevestiging vanaf die ministerie van visserye en mariene hulpbronne ontvang is. Dit nadat monsters wat van die toneel geneem is, bevestig het dat daar ’n swaminfeksieverwante episoötiese seervormende sindroom (EUS) kan wees wat die visse in dié waters affekteer.

Die streekraad se senior-woordvoerder, Panduleni Nepembe, het gesê hulle werk saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die visseryeministerie om die geaffekteerde gemeenskappe oor die kwessie in te lig en te verhoed dat hulle visse uit die vloedwaters vang, verkoop en eet.

Dié verwikkeling volg nadat dooie babers en kapentas met bloedvlekke by die dorp Omufitu waNakashole in die Ongenga-kiesafdeling gevind is.

Nepembe het gister gesê die ministerie van visserye het monsters geneem vir wetenskaplike diagnose om vas te stel wat die oorsaak kan wees en hoe dit die gemeenskappe affekteer.

“Vir nou lig ons net mense in om al daardie aktiwiteite te staak totdat die resultate bekend is. Alle siektes het hul gevolge – sommige is langtermyn- en ander korttermyn-effekte. Ons kan ons gemeenskap net aanraai om nie die vis van die vloedvlaktes te eet nie,” het hy gesê.

Nepembe het gesê die raad sal die aankondiging deur die kiesafdelingskantoor maak om die publiek van die bevindings in te lig.

MONITERING

Die ministerie van visserye se hoofbioloog, Elizabeth Ndivayele, het gesê hulle het die betrokke terreine besoek om die situasie te monitor.

Ndivayele het verlede Dinsdag gesê daar was geen dooie visse nie, maar wel sommige met sere, so hulle sal voortgaan om die situasie te monitor.

“Totdat ons die resultate kry, sal ons voortgaan om die mense af te raai om die vis te eet sodat ons 100% seker kan wees. En sodra ons die toetsuitslae bevestig het, sal ons dit aan die streekraadkantoor kommunikeer,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!