Mariene hulpbronne is in stormwaters
Oranje- en Visrivier gestroop
Sakke mossels en ander mariene hulpbronne word langs die kus by plekke soos Hentiesbaai deur mense versamel omdat hulle weet daar is nie visinspekteurs nie.
Onvoldoende menslike hulpbronne, hoë personeelomset en meer ervare personeel wat vir ’n langer tydperk by die ministerie van visserye en mariene hulpbronne (MFMR) werksaam is en wat aftrede nader, kortwiek sy doel om Namibië se mariene en binnelandse visserye te beskerm en volhoubaar te bestuur.
Voeg daarby verouderde toerusting, voertuie wat staan, navorsingsbote wat nie kan uitgaan nie, net een vliegtuig wat nog operasioneel is en ’n ondoeltreffende Vaartuigmoniteringstelsel (VMS) wat deur onwettige vaartuie waargeneem kan word.
Dit is die onstuimige waters waarin Namibië se mariene en binnelandse vishulpbronne moet funksioneer en suksesvol gemonitor en volhoubaar bestuur moet word, aldus ’n verslag van die parlementêre staande komitee oor landbou, die omgewing en natuurlike hulpbronne.
Die komitee maan in die verslag dat baie meer poste in die personeelstruktuur geskep moet word, met ’n kennisgebaseerde stelsel wat nodig is om organisatoriese geheue, asook vaardighede en ervaring te behou.
Die verslag verwys na toerusting wat gebruik word vir monitering wat verouderd is en opgedateer moet word. Dit sluit voertuie vir patrollies in, met van die beamptes wat sê die partrollievoertuie kan nie eens meer moderne voertuie inhaal tydens patrollies wanneer verdagtes op die vlug slaan nie.
Op Walvisbaai is nie een van die ministerie se voertuie bruikbaar nie, wat beteken dat visinspekteurs nie sigbaar langs die kus en riviere is nie. Onwettige visvang floreer in plekke soos die Visrivier waar ’n groot aantal visse uitgehaal en met weinig of geen opsporing na onder meer die Angolese mark vervoer word.
Sakke mossels en ander mariene hulpbronne word langs die kus by plekke soos Hentiesbaai deur mense versamel omdat hulle weet daar is nie visinspekteurs nie. Boonop is daar landswyd beperkte kantore wat kan help om onwettige visvang hok te slaan.
MFMR-beamptes beweer groot gewag word gemaak om mariene hulpbronne te beskerm, met min hulpbronne wat vir binnelandse visserye beskikbaar is.
Die VMS is ook nie so doeltreffend nie, aangesien dit selfs deur onwettige vaartuie waarneembaar is. Die stelsel is ook net vir Namibiese vaartuie met die nodige VMS-toerusting aan boord.
Die hoop is om hommeltuie en moderne toerusting aan te koop om bestaande maatreëls op te skerp. Die MFMR se twee navorsingsvaartuie by Walvisbaai is ook nie altyd ten volle operasioneel om navorsing te doen wanneer en indien nodig nie.
Bedryfskoste vir patrolliebote is ook geweldig hoog, vir ’n vaart vanaf Walvisbaai na die Oranjeriviermond, terug na die grens tussen Angola en Namibië en na die Kuneneriviermond totdat die vaartuig weer terugkeer na Walvisbaai wat tussen N$500 000 en N$800 000 per patrollie kos.
Die ideaal is ten minste 144 dae, uitgesluit onvoorsiene omstandighede uit die 365 dae per jaar op see, vir doeltreffende monitering. Namibië se patrollievaartuie bring weens die hoë koste egter net sowat 88 dae op see deur.
Net een van die MFMR se twee vliegtuie is ten volle operasioneel weens ’n foutiewe maritieme radar wat dit ongeskik maak vir seepatrollies. Die Cessna 406 is in 1985 vervaardig en in 1993 vanaf Frankryk gekoop. Tans kan dit nie vir seepatrollies gebruik word nie, omdat sy beweging nie gevolg kan word nie.
Die vervaardiger het intussen sy deure gesluit en om die radar by ander verskaffers te koop gaan die MFMR sowat N$23 miljoen kos. Patrollievliegtuie kan enige plek op ’n strand land wat dit makliker maak om vinniger arrestasies uit te voer.
Weens finansiële beperkings het dit egter nie gebeur nie. ’n Vaartuig kan tot ’n dag of meer neem om ’n onwettige vaartuig te bereik, terwyl dit met ’n helikopter ’n uur of twee kan neem. Die komitee stel voor dat ’n helikopter aangeskaf word en dat ’n vlootbasis by die Kuneneriviermond gebou word, omdat Walvisbaai te ver is.
Met verwysing na olie- en diamantmynbedrywighede erken mariene bioloë by die MFMR-kantoor in Lüderitz dat dit ’n negatiewe impak op mariene hulpbronne het. Toerusting wat vir olie- en mineraaleksplorasie gebruik word meng in met die frekwensies wat deur seediere gebruik word om te kommunikeer, wanneer dit met hoë impak met die seebodem of ander middele in die see in kontak kom.
Dié seismiese aktiwiteit veroorsaak dat walvisse en dolfyn die golwe en gemengde seine opvang en aan die verkeerde kant van die oseaan in vlak water beland waar hulle vasval en nie terug kan swem diepsee toe nie.
In die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is Namibië saam met Angola en Suid-Afrika, deel van die Benguela-seestroom-kommissie vir ’n gekoördineerde benadering tot die langtermynbewaring, beskerming, rehabilitasie en volhoubare gebruik van die seestroom se ekostelsel.
Die komitee sê egter buurlande volg onder meer nie dieselfde benadering met moratoriums en die sluit van seisoene nie. Dit verwys na ’n geslote seisoen vir visspesies in een land moet bilateraal in die ander lande as deel van die kommissie toegepas word om te help om hulpbronne te herstel.
Namibië het die kwota van sardyne van 90 000 ton tot nul weens onvolhoubare visvang verminder.
Volgens die komitee gaan ander lande egter voort om sardyne te vang wat die voorraad beduidend uitgeput het tot byna niks in Namibiese waters nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie