Omstrede wet nog nie gewysig ná Fishrot
Geen openbare lyste, registers beskikbaar
Dit is belangrik om te weet wie die eintlike individue is wat op die ou einde voordeel uit die ontginning van 'n hulpbron trek.
Henriette Lamprecht – Drie jaar ná die Fishrot-bom gebars het, was daar nog geen holistiese hervorming van die stelsel vir die toekenning van visvangregte en kwotas nie.
Geen openbare beskikbare lyste of registers is beskikbaar van die maatskappye wat regte en kwotas ontvang nie, terwyl daar “beslis” geen poging aangewend is om enigiets saam te stel en te publiseer wat ’n voordelige register van eienaarskap vir die visbedryf weerspieël nie.
“Fishrot is moontlik gemaak deur die geheimhouding waarin die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in Namibië sake doen,” lui ֹ’n verslag van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) onder die vaandel “Ná Fishrot – Die dringende behoefte vir deursigtigheid en aanspreeklikheid”.
Die verslag verwys na die omstrede wet op mariene hulpbronne wat die minister van visserye toelaat om met “onvanpaste diskresionêre bevoegdheid” op te tree en wat steeds onaangeraak in wetboeke staan.
“Stelsels vir die toekenning van regte en kwotas is steeds in geheimsinnigheid gehul.”
Die verslag beklemtoon kriteria vir die toekenning van bogenoemde moet geëvalueer word aan die skep van werksgeleenthede, historiese betrokkenheid en prestasie, toevoeging van waarde, omgewingsrekord, toegewydheid tot transformasie en bemagtiging, sowel as ekonomiese lewensvatbaarheid.
Dit plaas klem op wie op regte en kwotas besluit en stel ’n wetgewende oorsigkomitee voor.
“Die prosesse wat die meeste bestand is teen korrupsie en ministeriële inmenging, is dié wat die mandaat aan ’n komitee toeken vir evaluering en bekragtiging van sleutelbesluite. Dit verwyder die minister van enige finale besluitneming.”
“Om ’n komitee of ’n raad korrup te maak, is baie moeiliker as om dit met ’n individu te doen.”
Die verslag verwys voorts na ’n voordelige eienaarskapregister en omskryf ’n “voordelige eienaar” met betrekking tot ’n maatskappy as die persoon of persone wat uiteindelik direk of indirek die korporatiewe entiteit besit of beheer.
Dit maan dit is belangrik om te weet wie die eintlike individue is wat op die ou einde voordeel uit die ontginning van ’n hulpbron trek.
Die verslag stel voor Namibië en die ministerie sluit by die Visserye Deursigtigheidsinisiatief (FiTI) aan en hervorm die wet op mariene hulpbronne deur ministeriële diskresie te verwyder en deursigtigheidstandaarde in plek te stel.
As instelling moet die ministerie van visserye ook hervorm word, terwyl die ministerie se webtuiste duidelik alle sleutelwette, beleidsrigtings, dokumente en registers moet weerspieël.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie