Regering bevorder binnelandse visboerdery

Agt akwakultuursentrums gevestig
Altesaam 190 visplase word landswyd ondersteun.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne bevorder die ontwikkeling van binnelandse visboerdery, volgens die adjunkminister Silvia Makgone.

Sy het onlangs gesê dat die regering reeds agt visplase en akwakultuursentrums landswyd gevestig het om in bedryf te bring.

“Varswater akwakultuur is regeringsaangedrewe sektor en voorsien barbers en tilapia meestal vir voedselsekerheid op huishoudelike vlak in landelike gebiede,” het Makgone gesê.

Die sentrums is volgens Makgone by die Hardapdam, Leonardville in Omaheke, Fonteintjie in //Kharas, Onavivi in die Omusati-streek, Ongwediva in Oshana, Mpumgu in Kavango-Wes, Kamutjonga in Kavango-Oos en in die Zambezistreek gevestig.

Volgens die adjunkminister doen regeringsbeamptes inspeksies en assessering van die produksie en verspreiding van jong vissies, siektebeheer en gehalteverskering. Hulle doen ook navorsing ter ondersteuning van plaaslike visplaasondernemings vanaf hierdie sentrums en neem monsters vir watergehalte.

“Hierdie dienste word tans gratis aangebied omdat daar beoog word om akwakultuur in die land te bevorder,” sê sy en voeg by dat die ministerie reeds 190 visplase van klein ondernemings so ondersteun.

Makgone moedig entrepreneurs wat in visboerdery belang stel aan om die ministerie se streekskantore te besoek, waar hulp met die vestiging van visplase, watertoetse, asook die voorsiening van jong vissies beskikbaar is.

Die ministerie verkoop jong tilapia-vissies teen 20 sent elk en teen 30 sent elk vir ‘n jong barbervissie, sê sy.

“Die ministerie sal jou vordering monitor en sal ook bystand gedurende oestye lewer. Dit alles teen geen koste,” het Makgone bevestig.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...