Regering kan miljoene op DRK-kwota verloor
Sleg sowat 7 000 ton vanjaar beskikbaar
Die minister van visserye en mariene hulpbronne, het Vrydag op Swakopmund aan die media verduidelik altesaam 87 500 ton uit die regeringskwota is in middel Junie verlede jaar opgeveil.
’n Domino-effek van faktore wat verlede jaar begin het met die laat opveiling van die sogenaamde regeringsdoelwit-kwota, het gelei tot ’n vertraging in die toekenning van 27 300 ton maasbanker ter waarde van sowat N$85 miljoen aan die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).
Mnr. Derek Klazen, minister van visserye en mariene hulpbronne, het Vrydag op Swakopmund aan die media verduidelik altesaam 87 500 ton uit die regeringskwota is in middel Junie verlede jaar opgeveil, waarvan 12 plaaslike maatskappye 60 200 ton gekoop het en die DRK die oorblywende 27 300 ton.
Uit die 87 500 ton wat gekoop is, is meer as 51 000 ton maasbanker weens ‘n aantal faktore nié gevang nie. Een van hierdie redes is omdat verlede jaar se veiling laat gehou is, wat vir suksesvolle bieërs beperkte tyd gegee het om hul logistieke en regsdokumente in orde te kry en te koördineer om hul gekoopte kwota te vang.
Nog ‘n bydraende faktor was die swak vangste in die laaste maande van die seisoen.
“Mense het miljoene in hierdie veiling belê en ons regering moes na al hierdie aspekte kyk. Dit sal nie goed wees vir die kopers om net hul geld in die water te gooi nie,” het Klazen gesê en bygevoeg hy kon nie die besluit alleen neem nie en het daarom die kabinet genader.
Gevolglik het die kabinet die ministerie opdrag gegee om ‘n totaal van 51 317,91 metrieke ton aan verskeie maatskappye en entiteite toe te ken – gelykstaande aan die hoeveelheid van die kwota wat nie gedurende verlede jaar se visvangseisoen gevang is nie – en dat die toegekende kwota gedurende die 2022-visvangseisoen gevang moet word. Hierdie kwota sal oor die volgende paar dae aan die betrokke maatskappye en entiteite toegeken word.
Klazen het gesê hierdie toekenning is slegs uit vanjaar se nuut-toegekende regeringsdoelwit-kwota en nié die kommersiële kwota wat alreeds toegeken is nie.
“Ek moet beklemtoon dat dit nie ’n vernuwing is nie – ‘n mens kan nie ’n kwota van een jaar na die ander jaar vernuwe nie. Hierdie toekenning word gedoen uit die totale toelaatbare vangste van 330 000 ton maasbanker wat vir die 2022-seisoen toegeken is,” het hy herhaal.
Hy het verduidelik tydens verlede jaar se veiling is die volle staatskwota nie deur plaaslike maatskappye (wat die geleentheid gegun is) gekoop nie, en dit was toe dat die DRK die geleentheid aangegryp het om die oorblywende kwota (27 300 ton) te koop en dieselfde gemiddelde bedrag wat Namibiese maatskappye betaal, te bie.
Die besluit om die DRK se aanbod te oorweeg het “baie laat” (in Oktober verlede jaar) gekom, het Klazen gesê.
Hy het verduidelik nadat die aanbod oorweeg is, moes die DRK-regering ooreenkomste met plaaslike maatskappye aangaan om die vis vir hulle te vang. Dié ooreenkomste het volgens die minister eers in Desember – reg aan die einde van die visvangseisoen – gerealiseer; wat die DRK nie genoeg tyd gegee het om die kwota waarvoor hulle sowat N$86 miljoen betaal het, te laat vang nie.
“Hulle het ons dus versoek om hulle by te staan sodat hulle op ‘n manier in 2022 ’n kwota kan kry om te vang omdat hulle baie geld betaal het [vir hul kwota van verlede jaar se veiling]. Dit was ook ‘n bydraende faktor tot die menslike besluit om dit aan die DRK toe te staan,” het Klazen gesê.
Hy het gesê die besluit sal ‘n “ernstige impak” hê op die regeringskwota wat vanjaar toegeken word, aangesien slegs sowat 7 000 ton beskikbaar is om gedurende vanjaar se visvangseisoen opgeveil te word.
“As ‘n regering wat omgee, moet ons kyk na diegene wat baie geld belê het en in ag neem dat dit gebeur het weens redes buite ons beheer. Die hooffaktor was dat die veiling laat was en dit is hoekom die ministerie besluit het om veilings betyds te laat plaasvind,” het hy gesê. “Hierdie sal nie weer gebeur terwyl ek minister is nie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie