‘Samherji moet vergoeding betaal’
400 vissermanne verloor hul werk, sommige pleeg selfdood
Drie jaar ná die plofbare onthullings aan die lig gekom het en wat nou as die Fishrot-skandaal bekend staan, sê plaaslike en internasionale voorspraakgroepe die Yslandse reus Samherji het nog nie die prys betaal vir sy rol in die korrupsiesage nie.
Jemima Beukes – Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en Transparency International Iceland, het saam met verskeie ander voorspraakgroepe ’n beroep op die Yslandse visreus Samherji gedoen – wat by die multimiljoendollar Fishrot-korrupsieskandaal betrek word – om ’n proses van vergoeding en remediëring te begin.
Hulle dring ook aan dat die menseregte en ekonomiese impak van Samherji se Namibiese bedrywighede geëvalueer word.
Die groep het ook ’n beroep op Yslandse owerhede gedoen om strafregtelike prosedures te begin en aktiewe stappe te doen om die korrupsie te takel waarby Yslandse burgers betrek is.
Hulle dring ook aan dat die Namibiese owerhede verdere hervormings in die regering bekend stel, veral deur die wysiging van die wet vir mariene hulpbronne wat Fishrot aangehelp het.
“Drie jaar later tree Samherji met oënskynlike straffeloosheid op, terwyl die gemeenskappe wat deur Fishrot geraak is, geen sinvolle vergoeding gesien het nie en die oortreders nog nie geregtigheid in die gesig gestaar het nie.
“In Namibië is tien verdagtes tans op verhoor, insluitend die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau en die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala,” lui ’n verklaring van IPPR en Transparency International.
“Die Namibiese aanklaer-generaal het ook klagte teen drie Yslandse Samherji-hoofde gebring, maar geen stappe is gedoen om dié individue uit te lewer nie.
In pleks daarvan ondersoek die Yslandse polisie joernaliste wat oor Samherji verslag doen en ondermyn persvryheid en pogings teen korrupsie.
“Die Yslandse reaksie tot Fishrot is al ‘amper ’n verleentheid’ deur Drago Kos, voorsitter van die OECD Werksgroep op Omkopery in Internasionale Saketransaksies, beskryf,” lui die verklaring.
Die organisasies dring in die verklaring aan dat Samherji hom verbind tot volle vergoeding aan die geraakte gemeenskappe, sowel as ’n bedryfsmeganisme waar griewe aangemeld kan word om spesifieke kwessies van plaaslike gemeenskappe en individue te takel.
Meer as 400 vissermanne het hul werk verloor nadat viskwotas onregmatig van plaaslike maatskappye na Samherji herlei is.
Verskeie mense het selfdood gepleeg nadat hulle hul werk verloor het.
Hulle dring ook daarop aan dat Samherji se internasionale verskaffers, kliënte en sakevennote hul ooreenkomste met die maatskappy heroorweeg veral in die lig van hul toenemende omgewings-, maatskaplike en bedryfsverpligtinge en etiese verskaffingsketting.
Die Fishrot-bom het gebars net voor Namibië se algemene verkiesings op 27 November 2019. Tien voormalige politici, sakelui en prokureurs word van omkopery en korrupsie beskuldig, nadat hulle miljoene dollar van Namibië se visbedryf in hul sakke gesteek het.
Fishcor, Namibië se staatsbeheerde vismaatskappy, het glo viskwotas van private Namibiese maatskappye na plaaslike maatskappye oorgedra waarin die politici betrokke aandele gehad het.
Laasgenoemde was geaffilieer met Ysland se grootste vismaatskappy Samherji, wat na bewering miljoene dollar in omkoopgeld aan Swapo-leiers betaal het vir voorkeurtoegang tot Namibië se viswaters. Samherji het ook nie belasting in Namibië betaal nie deur sy werksaamhede in belastingvrye lande soos Mauritius en Ciprus te registreer.
Almal het ’n sny van die Fishrot-koek gekry, buiten gewone Namibiërs.
’n Tiende verdagte, mnr. Marén de Klerk, is aangekla maar het na Suid-Afrika gevlug, met Namibië wat sukkel om hom uitgelewer te kry.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie