Gemeenskappe moet betrokke wees met die bestuur van varswater visserye, volgens die minister van visserye en mariene hulpbronne mnr. Derek Klazen.
Foto nacso.org.na
Gemeenskappe moet betrokke wees met die bestuur van varswater visserye, volgens die minister van visserye en mariene hulpbronne mnr. Derek Klazen. Foto nacso.org.na

Varswater-visserye lewer minder

‘Oorbevissing is kommerwekkend’
Volgens die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het vangste van varswater-visbronne in die Zambezistelsel vanaf 6 100 ton in 2010 tot 2 534 in 2017 afgeneem.
Augetto Graig
Ten spyte van ’n beduidende afname in die vangste van varswater-visbronne by die staats se gemeenskapsbestuurde varswater-visgebied, glo die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, dat akwakultuur en binnelandse visbedrywe belangrik is vir voedselsekerheid, om huishoudelike inkomste te genereer en vir werkskepping.

Volgens Klazen lewer plaaslike landelike akwakultuuraanlegte ’n jaarlikse opbrengs van gemiddeld 36 ton skulpvis, teenoor die 450 ton van mariene akwakultuuraanlegte.

Volgens sy ministerie se navorsing het vangste van varswater-visbronne in die Zambezistelsel vanaf 6 100 ton in 2010 tot 2 534 in 2017 afgeneem, met die jongste skatting vir 2021 op 2 100 ton.

Binnelandse visserye in die noorde het verlede jaar ’n bykomende 2 500 ton geproduseer, volgens die ministerie se verwagtinge.

Klazen het vroeg verlede week projekte in die Kavango-Oosstreek besoek. Hy het by die Kamutjonga Inland Fisheries Institute (KIFI) besoek afgelê, en ook by die Mpungu Fish Farm in Nkurenkuru.

In sy toespraak op Rundu het Klazen gesê visbedrywe wat varswaterbronne benut, skep werk vir 45 000 mense wat as vissermanne, handelaars en smouse in die Zambezistreek, die Kavango en ooral die Cuvelaistelsel ’n lewensbestaan daaruit maak.

Klazen sê die afname is kommerwekkend en dat ’n hoofoorsaak oorbevissing is.

Volgens hom het kommersiële visbedrywe sedert 2010 gegroei en dus moet dringende oplossings vir oorbevissing gevind word.

“Ons moet onthou ons riviere en mere is klein watermassas, en kommersiële treilvisbedrywe sal ons binnelandse visbedrywe vernietig. Ons is ook ongelukkig bewus daarvan dat die polisiëring van uitgestrekte binnelandse riviere met 'n handjievol inspekteurs byna onmoontlik is. Daarom is ek oortuig dat gemeenskapsbetrokkenheid by die bestuur van dié visbronne deurslaggewend is,” het hy gesê.

Die ministerie het in 2010 begin om die Sikunga- en Impalila-gemeenskap te bemagtig en in 2016 is die land se eerste twee visreservate in die Staatskoerant gepubliseer.

Navorsing van Sikunga dui daar is drie maal meer visse binne die gemeenskapsbestuurde visgebied as buite die gebied waar toegang onbeperk is.

“Die volhoubare bestuur en gebruik van ons binnelandse visbronne deur gemeenskappe is van uiterse belang,” sê Klazen.

Sedert 2016 is 19 moontlike visreservate – wat meer as 2 500 hektaar beslaan – in die Zambezi- en Kavango-Oosstreek in die Staatskoerant gepubliseer.

Die ministerie werk saam met gemeenskappe om die projekte te verbeter en het riglyne en standaard-bedryfsprosedure daarvoor ontwikkel, om die gemeenskap se betrokkenheid te vergemaklik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!