Verleng sardynverbod vir nóg 10 jaar, vra kenners
NCE eis hervorming
'n Onlangse studie het getoon die Namibiese sardynbevolking het in die laaste vyf dekades met ongeveer 99,5% gedaal.
Die drastiese uitdunning van Namibië se sardynbevolking het wetenskaplikes genoodsaak om ’n beroep op die regering te doen om ten minste nog ’n 10 jaar verbod op sardynvangste te plaas, bykomende tot groothandelhervorming van mariene bestuurstrukture.
’n Onlangse studie het bevind dat die sardynpopulasie van sowat 11 miljoen ton in 1964 tot ’n skamele 50 000 ton gekrimp het. ’n Afname van sowat 99,5%.
Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), ’n sambreelliggaam wat 72 nieregerings-omgewingsorganisasies verteenwoordig, waarsku dat die spesie “totaal ineengestort het”.
Na aanleiding van ’n wetenskaplike studie wat in Januarie gepubliseer is en die ineenstorting van endemiese seevoëlspesies en hul primêre voedselbron – die sardyn – verbind, het die omgewingswaghond gewaarsku dat die goedkeuring van selfs minimale oeste die finale nekslag vir Namibiese sardyne sal beteken.
“Verder sal dit die einde van enige soort bedryf beteken wat op hierdie hulpbron staatmaak en sal die kritieke mariene ekosisteem verder beskadig word wat met die Benguela-seestroom geassosieer word.”
Hoewel ’n moratorium op sardynvangste – wat geldig vir drie jaar was – verlede jaar tot ’n einde geloop het, het die situasie nie verbeter nie en is die moratorium steeds in plek totdat die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, kajuitraad hou oor die pad vorentoe.
Die uitvoerende direkteur van NCE, dr. Chris Brown, het voorgestel die moratorium word met 10 jaar verleng. Hy is van mening dat sardyne tot ten minste 1 miljoen ton moet herstel voordat kwotas weer toegeken word.
“Daarna behoort die jaarlikse totale toelaatbare sardynvangste minimaal te wees, om toe te laat dat die sardynvoorraad tot sy historiese biomassa herstel.”
Die NCE stel ook voor dat die byvangs, vis wat onbedoeld deur kommersiële vissers gevang word, tydens die moratorium streng gemonitor moet word.
“Hoë boetes vir die byvangs van sardyne moet uitgereik word, asook die potensiële verlies van kwotas vir herhaalde oortreders.”
Brown het gesê die sardynkrisis is ’n goeie gevallestudie oor wat tans in die mariene ekosisteem gebeur en die ministerie se vermoë om hierdie hulpbronne te bestuur.
Hoewel Brown van mening is dat oorbevissing die direkte oorsaak vir die uitdunning van sardyne is, is chroniese en langdurige institusionele en bestuursmislukkings volgens hom die wortel van die probleem.
“Namibië se sardynkwessie is ’n bewys van mislukking en ’n mens moet jouself afvra waarom ’n kommissie nie saamgestel is om die algehele bestuur van die mariene ekosisteem te ondersoek en daardeur aanspreeklikheid te bepaal en nuwe institusionele meganismes te ontwikkel nie.”
Die NCE het daarop gewys dat die huidige bestuurstelsel “te veel mag aan onbevoegde individue gee wat in ’n dekmantel van geheimhouding omhul is, en hul word toegelaat om besluite oor kritieke nasionale hulpbronne te neem sonder om aanspreeklik gehou te word.”
Brown sê die institusionele geheimhouding en gebrek aan aanspreeklikheid het uiteindelik gelei tot ’n gevoel van mariene “eienaarskap”, asook die korrupsie wat weekliks op koerantvoorblaaie verskyn.
HERVORMING Die NCE het aanbeveel dat ’n aantal kritieke institusionele en bestuurshervormings nodig is om die sektor te omskep.
Volgens die NCE is deursigtigheid en wetenskaplike toesig die antwoord.
“Dis tog voor die hand liggend dat kwotas in die toekoms op ’n deursigtige en mededingende basis aan goedgekeurde maatskappy toegeken moet word. Dié maatskappye moet die kapasiteit kan handhaaf, geen voormalige oortredings of enige bewyse van betrokkenheid by bedrog hê nie en moet bereid wees om hul vangste aan land in Namibië te verwerk.”
Nog ’n hervorming is die samestelling van die Raad vir Seevisserye. Dié raad word tans oorheers deur verteenwoordigers van die private sektor met korttermynwins in gedagte.
“Gevolglik word viskwotas toegeken wat onredelike korttermynvoordele en -winste bied ten koste van langtermynproduksie, volhoubaarheid en die gesondheid van die hele mariene ekosisteem.”
Die NCE voer ook aan die ministerie moet nie die enigste besluitnemer wees nie.
Hulle stel voor dat ’n raad vir kus- en mariene volhoubaarheid gestig word met ’n onafhanklike voorsitter, en wat uit verteenwoordigers van die regering, die akademiese omgewing, niewinsgewende organisasies en ander rolspelers van nieregeringsorganisasies bestaan.
Die NCE sê mariene hulpbronne is nasionale bates en kwotatoekennings aan individue of groepe wat geen belang by visvang het nie, moet gestaak word.
“Hul voeg geen waarde by tot die proses nie en hulle word op ’n geheimsinnige en onverklaarbare manier gekies.”
Die NCE het verder beklemtoon dat inligting oor visvoorrade en sleutelbiodiversiteitsaanwysers en -tendense in die publieke domein geplaas moet word, en enige besluite wat vir die toekenning van kwotas geneem word, moet deur ’n eksterne stelsel gelei word. Brown het bevestig dat die NCE hul voorstelle en bekommernisse met Klazen gedeel het.
“Hy is nuut in die ministerie. Hy en sy uitvoerende direkteur is nie verantwoordelik vir enige van die goed wat gebeur het nie. Hulle het ’n baie moeilike situasie geërf. Ons sal baie graag wil sien dat hulle dit voluit aanpak en die hele ministerie hervorm en meganismes in plek stel wat ons weer trots kan maak.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie