Visbedryf in rowwe waters
Waghondorganisasie se tande getrek
Die regering word daarvan beskuldig dat hy hom doof hou vir die pleidooie van die agentskap wat moet verhoed dat kommersiële vissersvaartuie die land se mariene hulpbronne plunder, wat die reeds swak visseryewaghond verder lamlê.
Mathias Haufiku
Ernstige finansiële uitdagings wat die Fisheries Observer Agency (FOA) – wat die taak het om navorsing te doen en toesig te hou oor die land se mariene hulpbronne – in die gesig staar, bedreig die langtermyn-volhoubaarheid van die winsgewende visbedryf.
Die agentskap moet regulasies toepas wat die oes, hantering en verwerking van mariene hulpbronne aan Namibië se kus beheer.
Dit is ook verantwoordelik vir die insameling van wetenskaplike data wat deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne gebruik word om die totale toelaatbare vangs vir elke visvangseisoen te bepaal. Dié bedrywighede is sedertdien weens finansieringsuitdagings in gedrang.
Om kop bo water in die diepsee van mariene ontginning te hou, wil die FOA hê die ministerie moet die visheffing óf met byna 100% verhoog, ‘n visvangkwota aan hom toeken óf die gelande uitvoerkoste van alle visserye hersien.
Die onbenydenswaardige kombinasie van uitgeputte finansiële reserwes en beperkte mannekrag het tot gevolg gehad dat vissersvaartuie uitvaar sonder enige toesighouers aan boord, met talle wat die geleentheid aangegryp het om onwettig op te tree terwyl hulle op Namibië se ryk viswaters vaar.
Die mees algemene oortredings wissel van onwettige verskaffing van brandstof vir skeepsgebruik (bunkering) op see, weggooi van vis en nie-bioafbreekbare voorwerpe, visgerei wat nie aan lisensievoorwaardes voldoen nie, onvolledige logboeke asook die blatante verontagsaming van lisensievoorwaardes.
Die agentskap se raadsvoorsitter, mnr. Inocencio Verde, het bevestig dat hulle met topamptenare in die ministerie vergader het, maar hy het geweier om die besonderhede van dié besprekings bekend te maak.
“Ons het ons lynministerie geraadpleeg en ons uitdagings met hulle gedeel. In hierdie stadium wil ons nie interne maatskappysake of kwessies wat met ons belanghebber bespreek word, in die openbare domein bekend maak nie totdat die ministerie homself nie oor die kwessie uitspreek nie,” het Verde vroeër vandeesweek by navraag gesê.
INKOMSTE TUIMEL
Na aanleiding van die toenemende druk op die agentskap, het sy bestuur met amptenare van die ministerie vergader om hul frustrasies oor die gebrek aan finansiële steun uit te spreek.
Amptelike dokumente wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, onthul die agentskap se jaarlikse personeelkoste het van N$37 miljoen in 2014 tot N$66 miljoen in 2022 gestyg.
Sy reserwes het ook van N$39 miljoen in Maart 2017 tot N$8 miljoen in Maart vanjaar gedaal.
Die FOA-amptenare het by die vergadering vroeër vandeesmaand gesê sy bedryfskoste en stagnante finansieringsmodel belemmer die insameling van data sowel as die waarneming van aktiwiteite.
Hulle was ook ongelukkig oor die gelande koste van die ministerie-heffings tot en met 2017 verhoog is, maar dié van die agentskap het egter nie verander vanaf 0,9% sedert 2014 nie. Hulle wil hê hierdie heffing moet tot 1,5% opgestoot word. Hulle wil ook ‘n visvangkwota hê om die opbrengs te gebruik om die agentskap se bedrywighede te finansier.
Die minister van visserye het nie die vergadering bygewoon nie. Hy het gister gesê dit was omdat hy “by ‘n ander vergadering was, maar my tegniese mense was daar”.
VERLAMMENDE STATISTIEK
Amptelike statistiek wat Namibian Sun gesien het, dui daarop dat die agentskap minstens 230 toesighouers nodig het om vaartuie wat visvangreise onderneem, doeltreffend te polisieer. Slegs 138 toesighouers is egter op die agentskap se lys.
Daar is tans 120 gelisensieerde vaartuie wat in Namibiese waters mag visvang. Uit die 6 893 togte wat hierdie vaartuie tussen 2019 en 2022 onderneem het, toon data dat bemanningslede hulself op meer as 40% van dié reise gepolisiëer het, aangesien daar geen toesighouers aan boord was nie.
Duisende magtigingsbriewe vir nietoesighouers is die afgelope drie jaar aan gelisensieerde vaartuie uitgereik. Dit is briewe wat uitgereik is om vaartuie vry te stel van die behoefte aan ‘n toesighouer aan boord.
‘n Amptenaar van die agentskap het die situasie as “selfdood” beskryf.
“Ons visbedryf is jaarliks N$13 miljard werd en het duisende Namibiërs in diens, maar ons behandel dit soos ‘n stiefkind. Hierdie kommersiële maatskappye baljaar daar buite, want hulle kan maak soos hulle wil,” sê die amptenaar wat anoniem wou bly.
Die amptenaar het verder gesê toesighouers het in die verlede menigte oortredings op vaartuie op see waargeneem.
“As hierdie spanne met onwettige bedrywighede kan besig wees terwyl ons toesighouers aan boord is, kan ‘n mens nie eers indink wat hulle doen wanneer hulle op hul eie daar buite is nie. Miskien sal ons leiers eers aandag gee wanneer die agentskap dood is en hulle nie betroubare data kan kry om hul besluite op te baseer nie,” het die amptenaar gesê.
Die winsgewende stokvisspesie is die mees gesogte vis in Namibiese waters, en maak ’n groot deel van visvangtogte uit.
Die verouderende arbeidsmag van die agentskap, gemiddeld 47 jaar oud, belemmer glo ook die pogings van die agentskap.
HERRIE OOR HEFFINGS
Bronne by die agentskap het ook beweer vismaatskappye verneuk die regering wanneer dit kom by die verkryging van maksimum inkomste uit heffings.
Die gemiddelde gelande koste vir stokvis, soos ingedien deur die regtehouers, is byvoorbeeld op N$27,42 vasgestel.
Toe dieselfde inligting egter deur die doeane-afdeling in die ministerie van finansies aangevra is, dui die geweegde data oor stokvis aan dat die gemiddelde gelande koste eintlik N$39,70 is.
Die agentskap het voorgestel dat die gemiddelde waarde van stokvis wat deur doeane vasgestel is, die basis van die bespreking vir gelande koste is.
– [email protected]

Kommentaar
David Louw
Hage gee nie om nie, net solank sy sakke vol geld gestop word. Gebeur regdeur Afrika. Kyk maar na Zim as n voorbeeld. Niks word onderhou of opgepas nie. Enigste tydperk wat hulle geld spandeer is met verkiesing. Koop n stem met n brood. Belaglik!!!