Vismaatskappy ontken mensehandel-aantygings
Polisie verduidelik die tydlyn
Nata Fishing Enterprises ontken die vermoedens van mensehandel en oortreding van ander wette.
Raadslede van Nata Fishing Enterprises, die maatskappy wat verdink word van mensehandel en oortredings rakende mariene hulpbronne, arbeid en immigrasie, het hul betrokkenheid by mensehandel of verwante aktiwiteite ontken.
Namibiese owerhede het laas week beweer hulle het minstens 48 vermeende mensehandelslagoffers van twee Namibies geregistreerde vaartuie gered.
Die polisie sê aanklagte wat teen die maatskappydirekteure oorweeg word, is onder meer mensehandel, oortreding van die arbeidswet, wet op immigrasiebeheer en mariene hulpbronne asook moontlike bedrog.
Volgens die polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, kan dié saak tot Junie teruggespoor word toe Namibian Fisheries Observers, met steun van die polisie, die Namibies geregistreerde vissersvaartuie betrap het waar hulle na bewering die wet op visserye en mariene hulpbronne oortree het. Onder dié oortredings was glo die afwesigheid van ’n toesighouer aan boord.
In elke vaartuig was 60 bemanningslede van verskillende nasionaliteite in Afrika of Asië. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat sommige bemanningslede sedert 2018 op die vaartuig was, 48 van hulle sonder werkpermitte of visums.
“’n Ondersoek wat steeds aan die gang is, het onthul dat hierdie mense lang ure sonder rus gewerk het; hulle is selfs gedwing om te werk terwyl hulle siek was; daar was geen mediese beamptes aan boord nie; en nie genoeg komberse nie,” sê Shikwaambi.
Dit het gelei tot ’n ondersoek na vermeende mensehandel-slagoffers aan boord van die vaartuie MV Shang Fu en Nata 2 – beide in besit van Nata Fishing Enterprises.
Die bemanning is gered en die twee vaartuie is as instrumente van vermoedelike misdaad geskut.
’n Lid van die maatskappy, wat anoniem wou bly weens die erns van die aantygings, het aan NMH gesê “Ons is eers op 1 September amptelik bewus gemaak van die ondersoek en die agterdog oor sekere wette wat dalk deur ons vaartuie oortree is. Ons wil graag beklemtoon dat ons bereidwillig was om enige owerhede by te staan in hul huidige ondersoek. Ons vertrou die ondersoekprosedure sal sy loop neem en mettertyd ons onskuld bewys.”
AGTERGROND
Hy het verduidelik die Sea Shepherd-patrollievaartuig wat in ’n stadium gebruik is om Namibiese waters te patrolleer, het in Junie Nata se MV Shang Fu naby die grens van die Namibiese EEZ onderskep.
Die Namibiese visserywaghond en plaaslike polisiebeamptes het aan boord gegaan en alle moontlike inspeksies uitgevoer. Die bemanning is ook ondervra.
Tydens die ondervraging is bewerings gemaak is dat mariene hulpbronne weggegooi is, waarna die MV Shang Fu gevolglik beveel is om in die Walvisbaaise hawe anker te gooi vir verdere ondersoek. MV Nata 2 het vryelik na die hawe beweeg en was glo nie onder dieselfde verdenking as die ander vaartuig nie.
Ná die ondersoek is MV Shang Fu se kaptein aangekla van oortreding van die wet op mariene hulpbronne, omdat hy glo vis weggegooi het. Hy het skuld erken en die boete betaal.
Hierna is vlugte bespreek vir alle bemanningslede wat hul werkskontrakte voltooi het en moes terugkeer na hul tuislande, maar hul vertrek is glo voortdurend uitgestel aangesien die visums nie toegestaan is nie, totdat al die bemanning se paspoorte “sonder enige gegewe rede” deur die owerhede gekonfiskeer is.
“Vir die volgende twee maande is ons bemanning byna daagliks ondervra. Hulle het aanhou kla dat die ondervragings hulle bang maak en dat hulle nie verstaan wat met hulle gaan gebeur nie. Ons het hulle verseker dat hulle niks verkeerd gedoen het nie; dat die kwessie mettertyd opgelos sal word en dan kan hulle huis toe vlieg,” het die lid verduidelik.
Tot die maatskappy se verbasing het die polisie Donderdag die meeste van die bemanning van die vaartuie gaan verwyder en na ’n staatsgerief in Hentiesbaai geneem waar hulle tans aangehou word.
“Ons het boodskappe van die bemanning ontvang dat hulle wil terugkom om voort te gaan met hul werk en dat die ander wat geskeduleer was om huis toe te gaan, kan vertrek,” sê die lid en voeg by die maatskappy verseker dat hul bemanning in aanhouding kos en komberse het.
LANG TYD
Oor bewerings van bemanningslede wat sedert 2018 op die vaartuig vasgekeer is, het die bron gesê daar is lede wat in 2018 begin werk en hul kontrakte voltooi, huis toe gegaan en ná ’n lang tyd weer teruggekom het omdat hulle dit geniet om op die vaartuie te werk.
“Een bemanningslid het volgehou hy het ’n beter lewensgehalte op ons vaartuig as by sy huis en hy het ook die inkomste nodig. Hy wou nie terugkeer huis toe tydens die pandemie nie en het soos ander bemanningslede sy verblyf op ons vaartuig verleng. Almal het die vryheid om te besluit wat hulle wil doen,” het die bron verduidelik.
MISHANDELING
“Die mishandeling van ons bemanning is streng verbode. Ons verseker dat hulle al die toerusting, voeding en leeftoestande het wat hulle nodig het om gesond te wees en op hul beste te presteer.
“Ons vaartuie voldoen aan HACCP, wat beteken ons het inspeksies geslaag wat sertifiseer dat ons lewensomstandighede en verwerkingsgebiede aan die Europese Unie (EU) se veiligheidstandaarde voldoen,” sê hy. “Al ons bemanning ondergaan ook mediese ondersoeke voordat hulle uitvaar om te verseker dat hulle gesond genoeg is om hul pligte uit te voer.”
GEEN RUS
Omdat die vaartuie groter as enige ander Namibiese vissersvaartuig in die bedryf is, en meer bemanning akkommodeer om te verseker dat hulle in skofte kan werk, verlig dit glo die las van strawwe werksure.
“Om ’n visserman te wees, is harde werk onder moeilike omstandighede, wat normaal is vir die bedryf. Om ons vaartuie se ure en toestande negatief te probeer voorhou in vergelyking met ander in Namibië is onverantwoordelik en absurd, veral aangesien dit bekend is dat ons vaartuie van beter standaard is,” het hy aangevoer.
GEEN VISUMS
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit is glo sedert 2018, toe dit geregistreer is, deeglik bewus van Nata se bedrywighede.
“Al ons bemanning wat ’n visum nodig gehad het om Namibië binne te kom, het dit en ’n brief aan die immigrasiebeampte getoon wat die vlug noem wat die bemanningslid gebruik het om die land binne te kom en op watter van ons vaartuie hulle werksaam sou wees.
“Ons vaartuie vang nie binne die Namibiese gebied vis nie, aangesien ons ’n buitelandse visvangoperasie uitvoer. Al die bemanning se paspoorte word gestempel voordat hulle uit Namibië vertrek, vanweë die feit dat ons vaartuie Namibiese waters verlaat en ook hawens in ander lande binnegaan wat vereis dat ons bemanning gestempelde paspoorte het.
“Namibië se se immigrasie-afdeling het al ons vertrekkende en aankomende vaartuie vir elke enkele reis afgeteken. Dis veilig om te sê ons operasie is deur die ministerie van immigrasie ondersteun.”
GOEDKOOP ARBEID
Alle bemanningslede het, volgens die bron, kontrakte onderteken.
Hy sê die bemanning wat tans aangehou word, verdien ’n basiese salaris van tussen N$7 000 en N$18 500, asook kommissie en bonusse. Kos en verblyf word op die vaartuie verskaf sonder enige koste.
MENSEHANDEL
Namibië het “vlak 1”-status behaal vir sy optrede gedurende 2021 in die stryd teen mensehandel, volgens ’n verslag van die Amerikaanse staatsdepartement.
Die VSA is ’n aktiewe deelnemer aan Namibië se Nasionale Koördineringsliggaam (NCB) oor mensehandel, wat onder meer die Europese Unie, die Internasionale Organisasie vir Migrasie en ander insluit.
Die VSA het die finansiering verskaf vir die NCB se ontleding vir Namibië se 2021-’26-plan om mensehandel te bekamp.
“Gegewe die bogenoemde moet ons verstaan waarom sekere stappe geneem word wanneer daar vermoede van mensehandel is.”
“Ons visie met hierdie operasie word hoogs gedryf deur ons besorgdheid oor die Namibiese sosioekonomiese omgewing,” het die bron gesê. “Ons sien die druk waaronder ons land verkeer om werk en geleenthede te skep. Ons benadering tot die probleem is nie om die regering te blameer nie en ons vind eerder maniere, hoe klein ook al, om positief by te dra tot Namibië se sosioekonomiese omgewing.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie