PHOTO: WTO
PHOTO: WTO

Visseryministerie sê oor laat oortydbetalings

Werkers se bekommernisse ‘nie ernstig opgeneem’
Betalings sal gemaak word sodra meriete vir die eise vasgestel is, het die uitvoerende direkteur van visserye gesê.
Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het verlede week erken daar was ’n vertraging in oortydbetalings aan sommige van sy werknemers, en gesê dit is weens onregverdigbare eise wat sommige personeellede ingedien het.

“Eise wat nie betwis is nie, is reeds afgehandel. Ander is teruggestuur na die direktoraat vir opklaring. Betalings sal gemaak word sodra meriete vir die eise vasgestel is,” het Annely Haiphene, die uitvoerende direkteur, gesê.

Haiphene het ook bewerings ontken dat personeellede gedreig en geïntimideer is tydens ’n vergadering wat sy verlede week met hulle gehou het. Sy het gesê die vergadering het ten doel gehad om hulle aan te moedig om van interne prosesse met topbestuur gebruik te maak voordat hulle hul tot vakbonde of die media wend.

Ons susterkoerant Namibian Sun het verlede week berig dat visserywerkers, van wie sommige ’n integrale rol speel in die land se stryd teen onwettige visvang in Namibiese waters, gedreig het om te staak as hul uitstaande oortydeise nie afgehandel word nie.

Die situasie het oënskynlik die ministerie se topbase teen sy werkers gekant, met laasgenoemde wat beweer hul bekommernisse word nie ernstig opgeneem nie.

Daar word verneem dat oortydbetaling vir vissery-opsigters en -inspekteurs vir meer as vier maande uitstaande is, wat werkers met geen ander keuse laat as om te oorweeg om oortydwerk te staak nie. Hierdie optrede kan private visvangmaatskappye ruimte gee om vrylik te funksioneer sonder toesighouding.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!