eskom
eskom

André de Ruyter bedank by Eskom

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het ná twee jaar in dié uitdagende pos bedank te midde van fase 5-beurtkrag.

Die bedanking, wat Solidariteit ook bevestig het, kom nadat De Ruyter se kop die afgelope jaar herhaaldelik geëis is, onlangs weer deur lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Verlede week het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, De Ruyter en ander Eskom-bestuurders daarvan beskuldig dat hulle aktief die staat ondermyn deur beurtkrag nie op te los nie. De Ruyter was nog so onlangs as Donderdag verlede week nie bereid om te sê of hy van plan is om te bedank nie. Hy het nie Dinsdag sy foon beantwoord nie.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom se mediawoordvoerder, is met verlof en geen ander woordvoerders het navrae beantwoord nie.

Jan Oberholzer, sedert 2018 Eskom se bedryfshoof, tree in April 2023 af. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!