NUUSBREKER
NUUSBREKER

Jong meisies na bewering deur hul pa's verkrag

Ellanie Smit
'n Vyfjarige meisie van Windhoek is na bewering verskeie kere deur haar stiefpa in hul huis in die Greenwell Matongo-nedersetting verkrag. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag is 'n saak teen die stiefpa Vrydag geopen. Hy is egter nog nie in hegtenis geneem nie. In 'n aparte voorval is 'n 14-jarige meisie op verskeie geleenthede in Desember deur haar biologiese pa op die plaas Klipdriff in die Windhoek-distrik verkrag. Die verdagte is aan die polisie bekend, maar is ook nog nie in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer