‘2023 warmste jaar op rekord’
Die jongste verslag van die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) toon rekords is weer eens gebreek, en in sommige gevalle verpletter, vir kweekhuisgasvlakke, oppervlaktemperature, seehitte en versuring en die styging van seevlakke.
Hittegolwe, vloede, droogtes, veldbrande en vinnig toenemende tropiese siklone het ellende en chaos veroorsaak, wat miljoene se alledaagse lewens omvergewerp en miljarde dollars se ekonomiese skade veroorsaak het, volgens die WMO se verslag State of the Global Climate 2023.
Die verslag het bevestig dat 2023 die warmste jaar op rekord was, met die globale gemiddelde oppervlaktemperatuur op 1,45 grade Celsius bo die pre-industriële basislyn. Dit was die warmste tien jaar-periode op rekord.
“Rooi ligte flikke vir alle groot aanwysers. Sommige rekords is nie net uitermatig nie, hulle verbreek alle grafiekdata. En veranderinge versnel steeds,” het António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), gesê.
Op ’n gemiddelde dag in 2023 het byna ’n derde van die oseaan ’n mariene hittegolf beleef, wat lewensbelangrike ekosisteme en voedselstelsels benadeel het.
Teen die einde van 2023 het meer as 90% van die see op ’n sekere tydstip gedurende die jaar hittegolftoestande ervaar.
Die klimaatkrisis is die bepalende uitdaging wat die mensdom in die gesig staar en is nou verweef met die ongelykheidskrisis – soos getuig deur groeiende voedselonsekerheid en bevolkingsverplasing, en verlies aan biodiversiteit,” het Celeste Saulo, die sekretaris-generaal van die WMO, gesê.
Die aantal mense wat wêreldwyd uiters voedselonseker in die gesig staar, het meer as verdubbel; van 149 miljoen mense voor die Covid-19-pandemie tot 333 miljoen mense in 2023.
Weer- en klimaatuiterstes is dalk nie die hoofoorsaak nie, maar dit is verswarende faktore, volgens die verslag.
’n Verslag wat vandeesmaand deur die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) gepubliseer is, sê ’n geraamde 695 000 mense sal tussen Oktober 2023 en Maart 2024 akute voedselonsekerheid in Namibië ondervind, ’n aansienlike toename vanaf verlede jaar se syfers.
“Weer- en prysskokke, sowel as gedempte ekonomiese groei, is sleutelfaktore wat die hoë vlakke van akute voedselonsekerheid aandryf,” luidens die verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie