Augustus bring ysreën, minus-temperature
Winter sal langer vertoef, sê kenners
Alhoewel die vlaag koue vanaf vandag weer die wyk kan begin neem, meen kenners dat die winter nog ver van verby is.
Terwyl Augustus met ysreën, reën en ongekende koue temperature oor groot dele van die land aangebreek het, waarsku kenners dat die winter nog lank nie verby is nie en na verwagting “later” as gewoonlik sal vertoef.
Dit volg nadat ysreën gisteroggend omstreeks 06:00 op die Swarzrand-plato naby Maltahöhe begin val het, het Elize Cilliers op die Facebook-groep Namibië Reën/Rain Namibia laat weet.
Sonia Bruwer het ook laat weet dat hulle sowat 6 mm reën suidoos van Mariental op die Kalkplato gekry het, terwyl Jonathan Thomas gesê het die Snyfontein-nedersetting in die ||Kharasstreek het Maandagnag 20 mm reën ontvang. Op Keetmanshoop is 10 mm reën gemeet.
Op die groep Reën In Namibia het Facebook-gebruikers laat weet temperature so laag as -12 °C is op Omeya en die Okahandja-kleinhoewes gisteroggend gemeet, terwyl temperature by Kappsfarm en Otjiwarongo so laag as -9 °C gedaal het.
In die hoofstad het die kwik op sommige plekke op -3 °C en -4 °C te staan gekom, en naby Swakopmund op -2 °C. Op Usakos het die temperatuur ook tot -1°C gedaal.
Op Karibib en Grootfontein is temperature van so laag as -2 °C gemeet, terwyl die kwik glo tot -3 °C op Outjo gedaal het.
KOUE WYK
Volgens die Namibiese weerkantoor word daar egter vir vandag nie verdere reënneerslae verwag nie, maar eerder bewolkte, dog koue tot matige weer in die Suide.
“Andersins sal sonnige en matige tot warm weer, maar baie warm temperature in die verre noorde voorkom,” sê die weerkantoor.
Na verwagting sal Grootfontein vandag die koudste plek wees met ’n minimum temperatuur van 1°C, gevolg deur Aus, Maltahöhe, Mariental, Okakarara en Okongo, waar die kwik so laag as 2 °C sal daal.
Die hoofstad se minimum en maksimum temperature sal 3 °C en 21 °C wees, terwyl Walvisbaai temperature van 12 °C en 21 °C kan verwag.
Keetmanshoop se minimum temperatuur sal na verwagting 8 °C wees en die maksimum 22 °C. Katima Mulilo se minimum en maksimum temperature sal 7 °C en 30 °C wees.
WINTER LANK NIE VERBY
Die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto’s wetenskaplik ontleed en interpreteer, sê alhoewel Julie verby is, is die winter nog ver van verby.
“Probeer om nie na die winter as Junie, Julie en Augustus te kyk nie,” is bygevoeg en verduidelik dat aardverwarming daartoe lei dat seisoene al hoe “later” voorkom en herfs en lente al minder duidelik na vore sal tree, maar eerder “wasige oorgangsones” sal word.
“Hierdie winter swaai moeilik en ‘later’ in, met onsekerheid oor hoe dit tydens Augustus verlore tyd gaan probeer inhaal.
“Die beweeglike Suid-Atlantiese hoogdrukstelsel ondersteun egter nou meer gunstige weer vir reën. Hou die ruimte dop, want ons werk moontlik met ’n baie opwindende maand en langer,” het die organisasie gesê.
LandWater het Sondag verduidelik dat ʼn bo-sikloon, of ʼn geslote laag in die bolug aanvanklik wes van Namibië gevorm het.
Dit het toe, sedert Maandag en Dinsdag, oor die suide van die land begin verbyskuif na Suid-Afrika, in ʼn oos-suidoostelike rigting.
“Dit verswak en plat suid af langs hierdie roete,” het LandWater verduidelik.
“Dit is egter ’n aandrywer van breë reënstroke, met versnipperde, swaarder reën op plekke en yl-versnipperde sneeu en ysreën.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie