sneeuu
sneeuu

Bibberkoue vir naweek voorspel

Kans vir sneeu by Aus
Sommige weermodelle dui op 'n moontlikheid van ligte reën, sneeu of ysreën by Aus tussen Saterdag en Sondag.
Elvira Hattingh
Yskoue toestande en selfs ’n kans op sneeu word teen die naweek in die suide, sentrale en oostelike dele van die land verwag.

Dit volg ná koue weer en enkele reënbuie reeds gister vir die suidooste voorspel is.

Sommige weermodelle dui op ’n moontlikheid van ligte reën, sneeu of ysreën by Aus tussen Saterdag en Sondag.

“Sneeu, gemeng met reënbuie of ysreën kan op Saterdag oor die hoogliggende gebiede rondom Aus in die ||Kharasstreek voorkom,” het Vox Weather gister berig.

Die Namibiese weerkantoor het gister ’n weerwaak uitgereik dat “baie koue toestande met temperature onder 0 °C in die suide, sentrale en oostelike dele van die land verwag word” en gewas- en veeboere gewaarsku om die nodige voorsorgmaatreëls teen die koue te tref.

Die weerkantoor waarsku verder dat die “koue, arktiese lug” dan vanaf Sondag noordwaarts sal begin beweeg.

Die koue weer word veroorsaak deur ’n sterk kouefront en moontlike afsnylaag, wat koue weer na beide Namibië en Suid-Afrika sal bring, terwyl die Kaap-provinsies in die buurland ook reën en sneeu kan verwag.

Sneeu is ’n sterk moontlikheid teen die voet van die buurland se Matroosberg asook in die Wes-Kaap.

TEMPERATURE

Terwyl temperature reeds vanaf Saterdag aansienlik sal daal, sal Sondag na verwagting nóg kouer wees met ’n minimum en maksimum temperatuur van -3 °C en 14 °C wat vir die hoofstad voorspel word, terwyl Gobabis ook temperature van -3°C en 15 °C kan verwag. Dit aldus Weather.com.

In die Suide kan Keetmanshoop Sondag minimum en maksimum temperature van 1 °C en 13 °C verwag, terwyl Karasburg Saterdag ’n 30% kans het op verspreide reënbuie en temperature van 2 °C en 12 °C. Mariental se koudste dag sal na verwagting ook Sondag wees, met ’n minimum temperatuur van -2 °C en ’n maksimum van 19 °C wat voorspel word.

Die Noorde sal deur minder koue getref word, met Otjiwarongo wat op sy koudste -2 °C Saterdagoggend sal wees. Later in die dag word 20 °C op die dorp verwag. Daarteenoor sal Rundu op Saterdag en Sondag maksimum temperature van onderskeidelik 33 °C en 26 °C handhaaf. Oshakati sal ook nie werklik die koue voel nie, met maksimum temperature van 28 °C en 26 °C op Saterdag en Sondag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!