Binneland kan buie ontvang

Francoise Steynberg
Die plase Sukses en Doornkom, 80 km suid van Otjiwarongo, het Woensdag neerslae van tussen 20 mm en 40 mm ontvang. Op Hamakari, 10 km wes van Okakarara, is ook 40 mm gemeet en Palmvlakte by Grootfontein 39 mm. Op die plaas Tiefburg, 8 km suid van Grootfontein, het 30 mm uitgesak en 22 mm op plaas no. 390, 19 km suidoos van Klein Waterberg. Die plaas Kalaharikroon naby Maroelaboom en Gobabis het 10 mm gehad, Otavi-vallei 4 mm en Rundu en Tsumeb-lughawe 3 mm. Die Namibië Meteorologiese Diens se weervoorspelling vir vandag vir die binneland is gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar donderbuie, maar enkele donderbuie in die Suide. Dirk Potgieter het dié foto's en video op sy plaas Sukses geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!