Bontstaan met vloede ná toerusting beskadig is
Meer reën kom, waarsku weerkenner
Nog reën word vandeesweek vir die suide van Angola asook die verre noordelike dele van die land voorspel, terwyl daar reeds water vanaf Angola na Namibië gevloei het.
Terwyl die huidige efundja-vloedwaters sover nie ’n groot risiko vir die noordelike streke van die land inhou nie, waarsku ’n landbouweerkundige dat meer reën vandeesweek in die suidelike dele van Angola asook die verre noorde van Namibië verwag moet word.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming moes intussen egter ’n span hidroloë ontplooi om die instroming van vloedwater te monitor wat tans vanuit die suide van Angola na die oostelike dele van die Cuvelai-opvangsgebied in die Ohangwenastreek vloei.
Dit volg nadat Namibië se gesofistikeerde moniteringstelsel vir vloede, wat in alle niestandhoudende riviere geplaas is, insluitend dié wat die efundja na Namibië bring, glo deur beide diewe en vandaliste beskadig is.
Minister Calle Schlettwein het verlede week in die sosiale media gesê dit is met groot kommer dat hulle van die skade te hore gekom het.
Intussen het die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, gister aan Republikein gesê hulle is besig met die “logistieke reëlings in verband met die vloede”.
Op die koerant se vrae oor wat die skade aan die stelsel se infrastruktuur is en wat die ministerie se toekomsplanne vir die monitering van vloedwaters is, het Musheko gesê daar moet nou eers vir die span op grondvlak gewag word voor dié vrae beantwoord kan word.
Intussen het die uitvoerende direkteur van die ministerie, Ndiyakupi Nghituwamata, gister in ’n openbare kennisgewing gesê tot dusver hou die vloedwater nie ’n groot risiko vir inwoners van die noordelike streke in nie, maar dat dit vinnig mag verander as daar nog reën in die die Cuvelai-opvangsgebied val. (Sien die berig oor die vloedwater op bl.3).
Volgens die kennisgewing is ’n bykomende span hidroloë na die gebied gestuur om beide die situasie dop te hou en die publiek op hoogte te hou.
REËN KOM
Johan van den Berg, ’n onafhanklike landbouweerkundige, het gister aan Republikein bevestig dat daar meer reën – nog vandeesweek – in die suide van Angola asook die verre noordelike dele van die land verwag word.
Hy sê swaar reën het reeds die afgelope week in die suide van Angola geval, wat daartoe gelei het dat vloedtoestande in dié dele van Angola begin ontwikkel het.
“Ons sien ook dat die water begin afbeweeg het en dat die Kariba-dam ook water begin inkry,” het hy gesê.
“Boonop lyk dit of daar tussen 20 mm en 30 mm reën vandeesweek in die verre noordelike dele van Namibië kan voorkom,” het hy gesê. “Die reënweer kan in die laaste week van Januarie verder suidwaarts en ooswaarts uitbrei,” het hy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie