Damme kry invloei, vloedvlakke bly hoog
Von Bach is 29,6% vol
Vanjaar se watervlakke is baie hoër as die vlakke wat gedurende dieselfde tydperk in 2009, 2010 en 2011 bereik is, maar het nog nie die maksimum vlakke van 2011 bereik nie, volgens die nuutste vloedbulletin.
Ellanie Smit – Terwyl damme stadig maar seker meer water begin ontvang, het vloedwater in die Noorde reeds vlakke hoër as dié van vorige jare bereik.
Damme in die sentrale gebiede van Namibië het die afgelope week invloei van meer as vier miljoen kubieke meter water aangeteken.
Die totale gemiddelde vlak van Namibië se damme het aan die begin van die week op 70,5% gestaan teenoor verlede seisoen se 84,3%.
Volgens die jongste dambulletin wat Maandag deur NamWater uitgereik is, het sewe van die land se opgaardamme verlede week invloei aangeteken.
In die sentrale gebiede het die gemiddelde damvlak op 45,1% gestaan, vergeleke met verlede seisoen, toe dit 62,1% vol was.
Die Swakoppoortdam staan nou op 77,2% van sy kapasiteit nadat dit ’n invloei van meer as 2,5 miljoen kubieke meter ontvang het, terwyl die Von Bachdam ’n invloei van 0,086 miljoen kubieke meter aangeteken het en 29,6% vol is.
Die Omatakodam se vlakke staan op 5,5% en dit het meer as 1,3 miljoen kubieke meter water ontvang, terwyl die Friedenaudam 76,2% vol is en ’n invloei van 0,068 miljoen kubieke meter water gehad het.
Die Goreangabdam staan op 102,8% en het ’n invloei van 0,047 miljoen kubieke meter ontvang.
ANDER DAMME
In die Suide staan die gemiddelde damvlakke op 78,8%, vergeleke met verlede seisoen se 93,1%.
Die Oostelike damme staan tans op ’n gemiddeld van 13,4% – amper die helfte minder as verlede jaar se 26,5%.
In ander dele van die land is die Olushandjadam in die Oshanastreek 15% vol teenoor verlede seisoen se 15,2%.
Beide die Omaruru-deltadam in Erongo en die Omatjennedam in Otjozondjupa is leeg, dieselfde as verlede seisoen.
HOëR AS ANDER JARE
Volgens die vloedbulletin is watervlakke in die boonste sentrale en oostelike dele van die Cuvelai-Etosha-kom besig om te stabiliseer; hoewel hulle hoog bly.
“Die watervlak by Okatana het tot 1,15 meter gedaal terwyl dit by die Okandjengedi-brug – tussen Oshakati en Ongwediva – vanoggend [Maandag] tot 2,13 meter gesak het.”
“Vanjaar se watervlakke is baie hoër as die vlakke wat in dieselfde tydperk in 2009, 2010 en 2011 bereik is, maar het nog nie die maksimum vlakke van 2011 bereik nie.”
Die oorstromingsituasie en reënvalsyfers moet noukeurig gemonitor word gedurende hierdie reënseisoen, het die bulletin bygevoeg.
Intussen moet noodplanne vir verskeie gevare vir Ohangwena, Oshana en Omusati in plek gestel word, terwyl gemeenskappe wat in vloedgebiede in hierdie streke woon, aangeraai word om waaksaam te wees vir moontlike hoë vloedwatervlakke.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie