Hier is die Arrebusch-rivier in vloed in Pelicanstraat in 2021.
Foto argief
Hier is die Arrebusch-rivier in vloed in Pelicanstraat in 2021. Foto argief

Damme vul op, Windhoek waarsku teen vloed

Augetto Graig
NamWater sê damvlakke verbeter danksy onlangse reën oor baie dele van die land. Volgens NamWater se jongste damverslag het die Von Bach- en Friedenaudamme invloei gehad.

“Hierdie positiewe verwikkeling bring broodnodige optimisme soos die reënseisoen vorder en wat bydra tot verbeterde watersekerheid vir die land. NamWater bly hoopvol dat voortgesette reënval damvlakke verder sal verhoog, om waterbeskikbaarheid vir huishoudings, landbou en nywerhede te verseker,” aldus 'n NamWater- vrystelling wat deur sy hoofwoordvoerder Lot Ndamanomhata uitgereik is. Alhoewel onlangse reën verligting bring, moedig NamWater steeds die spaarsame gebruik van water aan om volhoubare gebruik van Namibië se kosbare waterbronne te verseker, voeg hy by.

Die Windhoekse munisipaliteit het ook vandag ‘n waarskuwing teen kitsvloede uitgereik. “Kitsvloede spruit gewoonlik uit intense storms, wanneer groot hoeveelhede reën binne 'n kort tydperk val. Kitsvloede verskyn met min of geen waarskuwing nie, en kan 'n hoogtepunt bereik in slegs 'n paar minute,” waarsku die munisipaliteit.

Voorsorg ten op sigte van dreinering, en aankoop van materiaal en toerusting vir noodgevalle, veral vir wonings in plekke waar oorstromings gereeld voorkom, word aanbeveel.

Stad Windhoek sonder Arebbuschstraat in Cimbabesia, Pelicanstraat in Hochland Park en Nelson Mandela Rylaan in Eros uit waar oorstromings verwag kan word. Ook Metje-, Outeniquastraat, Eros- en Schanzenweg in Eros; Claudius Kandovazu- in Nabuamis, Salem- in Dolam, en Clemence Kapuuostraat in Katutura.

Gedurende ‘n kitsvloed moet mense binnenshuis bly en na die radio vir inligting luister, hoë grond soek en stap deur vloedwaters vermy. Die stadsvaders waarsku dat motoriste in ‘n voertuig deur vloedwaters moet probeer ry nie, en die voertuig so gou as moontlik verlaat indien die enjin stol. Vir meer inligting kan Stad Windhoek se paaie en stormwater afdeling op 061 290 2333 of 290 2443 bereik word, terwyl noodgevalle by die Stadpolisie by 061 302 302 aangemeld moet word, of deur die munisipaliteit se noodgeval bestuurskantoor by 061 21 11 11 te skakel.

- Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!