Damme word voller
NamWater: Spaar steeds water
Kitsvloede word vir die res van die week in die noordelike streke en Khomas verwag.
Sedert die goeie, landswye reënneerslae van meer as ’n week in opvangsgebiede van damme, het verskeie damme aansienlike invloei van water gekry.
Die damme is Von Bach, Swakoppoort, Omatako, Friedenau, Oanob, Hardap, Naute, Neckartal en die Otjivero-slikdam.
Volgens NamWater se jongste bulletin dui dit op ’n positiewe tendens in die land se waterbergingsvlakke.
“Hierdie invloei is bemoedigend, veral vir die sentrale gebied van Namibië waar watervoorsieningsekerheid ’n prioriteit bly,” sê die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata.
Hy sê water word van Sondag af van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp en sal na verwagting die voorsieningsbehoeftes van Windhoek en omliggende gebiede verder ondersteun.
“NamWater doen egter ’n beroep op die publiek om verantwoordelike waterverbruik te handhaaf ten spyte van die positiewe verwikkelinge,” het Ndamanomhata gesê.
SENTRAAL
Die Swakoppoortdam het ’n invloei van 1,955 miljoen kubieke meter (Mm3) gehad, wat sy vlak op 27,4% van sy volle kapasiteit te staan bring. Verlede jaar die ooreenstemmende tyd was die dam 42,4% vol.
• Die Von Bachdam het ’n toename van 0,840 miljoen kubieke meter aangeteken, wat nou op 26,3% staan, teenoor verlede jaar se 12,3%.
• Die Omatakodam het met 0,392 miljoen kubieke meter gestyg, wat sy vlak tot 5,3% verhoog het. Dit is voller as die 1,1% van verlede jaar dieselfde tydperk.
• Die Friedenaudam, oos van Windhoek, het ’n invloei van 0,043 miljoen kubieke meter gehad, wat nou 46,8% vol is. Verlede jaar dieselfde tyd was die dam 57% vol.
SUIDE
Alle oë is op die Hardapdam by Mariental wat ’n beduidende invloei van 21,615 miljoen kubieke meter gehad het, wat sy vlak Maandag tot 22,1% opgestoot het. Teen gister om 06:00 was die dam 22,6% vol nadat dit ’n invloei van 16,3 kubieke meter water per sekonde gehad het. ’n Week gelede was die damvlak op 14,8% en ’n jaar gelede was die dam 15,7% vol.
• Die Neckartaldam, die land se grootste dam volgens kapasiteit, het ’n invloei van 0,727 miljoen kubieke meter gehad, wat dit tot 79,8% verhoog het. Dit is steeds laer as verlede jaar se vlak van 85,1%.
• Die Nautedam by Keetmanshoop het ’n invloei van 4,093 miljoen kubieke meter gehad, wat sy vlak tot 31,9% verhoog het, steeds laer as verlede jaar se vlak van 43,9%.
• Die Oanobdam by Rehoboth het ’n invloei van 0,177 miljoen kubieke meter gehad, wat dit op 33,4% te staan bring, ’n laer vlak as verlede jaar se 44,9%.
OOSTE
Die Otjivero-slikdam het 0,079 miljoen kubieke meter ontvang, wat sy vlak tot 2,7% verhoog het.
Ooste-damme se gesamentlike kapasiteit staan op ’n lae 2% teenoor verlede jaar se 3,6%. Die Tilda Viljoendam in Gobabis is steeds dolleeg.
KITSVLOEDE
Vir vandag het die Meteorologiese Diens van Namibië weer ’n weerwaak uitgereik met swaar storms en moontlike kitsvloede wat in die noordelike streke en Khomasstreek vir die res van die week voorspel word.
Enkele tot geïsoleerde donderbuie word vandag verwag, maar verspreide tot wydverspreide donderbuie in Khomas en die noordelike streke.
Die Meteorologiese Diens van Namibië het aangedui die weerburo wil graag meer weerstasies landswyd vestig. Belangstellendes sal met ’n reënmeter met gekalibreerde glas en die boek voorsien word.
Belangstellendes wat graag reën wil meet, kontak vir Simon Dirkse by 081 159 9663 of per e-pos by [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie