Damvlakke styg steeds
Riviervlakke laer as verlede jaar
Damme in die land is nou gesamentlik 56,1% vol teenoor verlede jaar se 56,6%, volgens NamWater se jongste dambulletin.
Aansienlike stygings in damvlakke is die afgelope week aangeteken in die damme van Swakoppoort, Von Bach, Omatako, die Otjivero-hoofdam, Daan Viljoen, Hardap, Neckartal, Naute, Oanob en Omatjenne.
Damme in die land is nou gesamentlik 56,1% vol teenoor verlede jaar se 56,6%, volgens die jongste dambulletin van NamWater.
“Hierdie invloei is bemoedigend, veral vir die sentrale gebied van Namibië, waar watervoorsiening steeds ’n prioriteit bly,” het die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, in ’n verklaring gesê.
Die Omatakodam het ’n beduidende invloei van 5,917 miljoen kubieke meter gehad wat sy vlak van ’n skrale 5,4% verlede week tot 19% verhoog het. Verlede jaar die ooreenstemmende tydperk was Omatako byna leeg met ’n vlak van 1%.
Die Swakoppoortdam het ’n invloei van 4,196 miljoen kubieke meter ontvang, wat sy vlak van 27,4% tot 34% laat styg het.
Die Von Bachdam het vanaf 26,3% tot 27,5% gestyg nadat dit ’n inname van 0,549 miljoen kubieke meter gehad het. Verlede jaar die ooreenstemmende tydperk was die Von Bachdam slegs 12% vol.
Volgens NamWater word water steeds vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp om Windhoek en omliggende gebiede te ondersteun.
SUIDE
Die vreugdevure brand nog hoog op Mariental, veral onder besproeiingsboere nadat daar weer 100% by die Hardapskema besproei kan word.
Die Hardapdam het ’n noemenswaardige 5,311 milljoen kubieke meter invloei gehad wat sedert verlede week vanaf 22,1% tot 23,9% gestyg het. Verlede jaar die ooreenstemmende tyd was die dam slegs 14,9% vol.
Die land se grootste dam, die Neckartaldam, se vlak staan nou op 81,1% nadat daar invloei van 10,553 miljoen kubieke meter was.
Die Nautedam by Keetmanshoop het ’n invloei van 0,004 miljoen kubieke meter gehad wat sy vlak tot 31,9% verhoog het. Verlede jaar hierdie tyd was die Naute egter voller teen 42,4%.
Die Oanobdam by Rehoboth het met 0,060 miljoen kubieke meter toegeneem, wat dit op 33,6% te staan bring teenoor verlede jaar se 44,4%.
OOSTE
Ooste-damme is gesamentlik 2,2% vol teenoor verlede jaar se 3,5%.
Die Otjivero-hoofdam het ’n invloei van 0,041 miljoen kubieke meter gehad, wat dit op 1,8% te staan bring. Die Daan Viljoendam het met 0,001 miljoen kubieke meter gestyg, wat sy vlak tot 10,4% verhoog het. Op Gobabis is die Tilda Viljoendam steeds dolleeg.
In die Noorde het die Omatjennedam ’n invloei van 0,143 miljoen kubieke meter aangeteken en staan nou op 2,8%.
“Alhoewel hierdie invloei ’n mate van verligting bied, doen NamWater ’n beroep op die publiek om voort te gaan om water verantwoordelik te gebruik om langtermyn-volhoubaarheid te verseker,” sê die woordvoerder.
RIVIERVLAKKE
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het Maandag ’n styging van 1,08 m tot 1,13 m aangeteken, volgens die Namibië Hidrologiese Diens.
Die Zambezi is steeds laer as die vlak van 1,7 m wat op dieselfde tyd verlede jaar aangeteken is.
Die Kavangorivier by Rundu het met 9 cm gestyg en op ’n vlak van 5,34 m gestaan. Die riviervlak by die Rundu-hidrologiese stasie is laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar van 5,58 m.
Die Kunenerivier by Ruacana het Maandag teen 296,9 kubieke meter per sekonde gevloei.
In die Benede Oranjerivier het die watervlak by Blouputs op 0,62 gestaan en by Sendelingsdrift op 0,07 m.
Die gunstige reënvaltoestande het ooswaarts verskuif en volgens die Meteorologiese Diens van Namibië word bewolkte en baie warm weer vandag verwag met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die verre noordelike, oostelike en suidoostelike streke en die Otjozondjupastreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie