Foto ter illustrasie/Namibië Reën/Weer
Foto ter illustrasie/Namibië Reën/Weer

Damvlakke styg

Iréne-Mari van der Walt
NamWater sê die land se opgaardamme het ná wydverspreide swaar neerslae 'n gesamentlike invloei van 49,605 milljoen kubieke meter gehad. Swakoppoort het van 15,9% tot 24.4% gestyg, terwyl Von Bach se invloei dié dam van 10.7% na 23.5% geneem het.

Hardap het van 5,5% tot 14,8% gestyg, terwyl die Omatakodam wat leeg was, nou op 2.4% staan.

Hoewel die Hardapdam die meeste positiewe invloei getoon het met 27.419 miljoen kubieke meter, het Neckartaldam ook effe gestyg van 76,8% na 77,8%. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer