Dit reën wyd en syd

Francoise Steynberg
Nadat die hemel se sluise vanaf Donderdag oor 'n dorre Namibië oopgetrek het, het goeie neerslae wyd en syd die naweek oor groot dele van die land geval en het verskeie riviere geloop. Nie net is hoop en verligting vir boere in die langdurige droogte gebring nie, maar die Von Bachdam het ná reënbuie in sy opvangsgebied invloei van 4,799 miljoen kubieke meter gehad gehad. Volgens NamWater se dambulletin was die dam verlede Maandag sowat 9.8% vol met sy vlak wat tot 10,1% Vrydagoggend gestyg het.

Goeie neerslae het in die Noorde, noordooste, Ooste, sentrale dele tot in die Khomas Hochland, selfs in die Suide by Maltahöhe en Bethanie tot in die noordweste by Kamanjab en Epupa voorgekom.

By die Omeya-gholflandgoed, suid van Windhoek is 80 mm uit die reënmeter gegooi, by Schlip 70 mm, Khomas Hochland 60 mm, 72 km suidoos van Windhoek 54 mm, by Otjiwarongo en op die plaas Fiegenfeld, 40 km suidoos van Klein Waterberg 50 mm, by Groot-Aub suid van Windhoek 49 mm en by Omarunga Lodge by Epupa 40 mm.

Op die plaas Guinas See by die Guinasmeer het van verlede Sondag tot gister 40 mm geval, op die plaas Rus en Vrede by Leonardville 38 mm, asook op die plaas Prospect in die Khomas Hochland. Oorkant op Steinheim het 34 mm geval en die honde het baldadig in die rivier baljaar. Die plaas Erindi het 33 mm oor twee dae gehad, Etosha Heights Privaat Reservaat 30 mm, Gobabis-omgewing 26 mm, Kombat 25 mm en op die plaas Teufelsglucht, 45 km noord van Windhoek 24 mm.

Op die plaas Elandsdraai, 70 km vanaf Gobabis in die rigting van Botswana het 22 mm uitgesak en op die plaas Dirichas West, tussen Kalkrand en Maltahöhe in die Hardap- opvangsgebied 20 mm, asook op die plaas Hippo noord van Gobabis.

Wes van Kamanjab het die Katembarivier geloop nadat 32 mm op die plaas Katemba uitgesak het. Die Skaaprivier by Dordabis het geloop nadat 30 mm in die omgewing gemeet is, asook die Visrivier op die plaas Gras waar dit 5 mm gereën het. Noord van die Etosha Nasionale Park by die Gondwana King Nehale Lodge het 20 mm uitgesak en omurambas het geloop.

Windhoekers het tussen 10 en 15 mm uit reënmeters gegooi, by die Otavi-vallei 13 mm, Wilhelmstal 6 mm en Elisenheim-landgoed suid van Windhoek 5 mm. Nog reën is op pad. Die Namibië Meteorologiese Diens voorspel vir vandag vir die binneland gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer met enkele tot geïsoleerde donderbuie in die sentrale noorde en verre noordooste. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!