Druppels val in dorre Suide
Windhoekers moet water bespaar
Volgens 'n bekende Namibiese weerkenner is die bolugsisteem se energie klaar en gaan dit eers warm tot baie warm word.
Groot was die vreugde in die dorre Suide toe buie Maandag plek-plek uitgesak het. By Nabibis 30 km wes van Helmeringhausen het tussen 2 mm en 10 mm geval. Die plaas Welbedacht op die Kalkplato, 45 km suidoos van Mariental, het 5 mm ontvang en ‘n vinnige 4 mm het op Langverwacht, 33 km wes van Gochas uitgesak. Op Dassiesfontein, 35 km wes van Marienta,l is 2 mm uit die reënmeter gegooi.
By Elisenheim noord van Windhoek het 8 mm reën deur die nag geval, 3 mm in die woonburt Erospark in die hoofstad, 2 mm by Okahandja en 1, 5mm by Kappsfarm oos van Windhoek.
Meer stof as reën het glo tussen Grünau en Klein Karas voorgekom met net druppels noordoos van Mariental en naby Gochas.
Volgens ‘n bekende Namibiese weerkenner is die bolugsisteem se energie klaar en gaan dit nou eers warm en baie warm word. Dit gaan vandag gedeeltelik bewolk en baie warm wees met enkele buie in die Suidooste, voorspel die Namibië Meteorologiese Diens.
DAMVLAKKE
Volgens NamWater se dambulletin is die Von Bachdam 11,1% vol en die Swakoppoortdam 23,1% nadat water vanaf Swakoppoort en noordelik bronne na Von Bach oorgepomp is.
Stad Windhoek maan weer inwoners om water te bespaar nadat 8% meer water as die teiken gebruik is.
In die Ooste is die Daan Viljoendam 7,2% vol en die Tilda Viljoendam in Gobabis 'n skrale 2,8%.
Suidedamme is gesamentlik 58,6% vol met die Hardapdam wat slegs 7,8% vol is. Die Neckartaldam staan op 79,8%, die Nautedam op 38,6% en die Oanobdam op 36,1%.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie