Eerste donderbuie vir noordooste voorspel

Gemiddelde reënjaar voorspel
Volgens die Namibiese meteorologiese dienste het die land min te vrees van die verwagte El Niño-toestande en die warm Indiese Oseaan.
Elvira Hattingh
Die noordooste van die land kan vandag enkele donderbuie te wagte wees, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en bloedig warm sal wees. Dit aldus die Namibiese weerkantoor se voorspelling. Dit kom nadat enkele reëndruppels die afgelope Woensdag reeds op plekke soos Otjiwarongo ontvang is. Ander weervoorspellingsdienste verskil egter hiervan, met reëndruppels wat nog vir Donderdag voorspel is, maar nie vir die res van die naweek nie. Sesfontein is vandag die warmste plek met ’n maksimum van 35 °C wat verwag word, terwyl Katima Mulilo ’n verwagte maksimum temperatuur van 33 °C het en Aranos en Omaruru 32 °C elk. Daarteenoor sal die kwik op Walvisbaai net tot 20 °C styg. Die nuus kom terwyl die Namibiese Meteorologiese Dienste die afgelope week ’n vooruitskouing uitgereik het waarvolgens ’n normale reënjaar oor die algemeen vir Namibië verwag word, ten spyte daarvan dat El Niño-toestande posgevat het en die Indiese Oseaan warmer as normaal is. Dit aldus die seisoenale weervooruitskouing wat Maandag 9 Oktober uitgereik is. “Die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is tans in ’n positiewe fase. Daar word voorspel dat dit neutraal sal raak teen die einde van die 2023-’24-reënseisoen,” het Jonas Sheelongo, adjunk- uitvoerende direkteur van vervoer, gesê. Die meteorologiese dienste val onder dié ministerie. Volgens ’n verklaring wat deur die diens uitgereik is, word ’n gemiddelde tot bogemiddelde reënjaar vir die oorgrote dele van die land vanaf Oktober tot Desember verwag, terwyl normale tot ondernormale reënneerslae in die suide van die land verwag word. Sheelongo sê dieselfde geld as dit kom by voorspellings tot en met Februarie volgende jaar. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!