Foto verskaf
Foto verskaf

Eerste koue slaan toe dié naweek

Elvira Hattingh
Namibiërs in die suide en sentrale dele van die land moet hulle staal teen ’n kouefront wat na verwagting teen Vrydag sy opwagting sal maak.

Die kwik kan Saterdag tot onder 0 °C op Karasburg daal, terwyl Noordoewer asook Keetmanshoop ook baie koud sal wees, het Richard Nashikaku, hoofweervoorspeller by die Namibiese weerkantoor, gister aan Republikein gesê.

Hy sê die weerkantoor sal waarskynlik vandag ’n weerwaak teen uiterste koue in die Suide uitreik.

“Veral boere in die Karasburg-omgewing moet hul vee en gewasse teen die koue beskerm, want ons verwag erge koue, winderige weer en moontlik ’n bietjie reën,” het hy bygevoeg.

Hy verduidelik die kouefront sal Karasburg en die Suide reeds teen Vrydag bereik, waarna dit teen Saterdag na die ooste en sentrale dele van die land sal versprei. Die Noorde sal waarskynlik nie geraak word nie en warm bly.

Nashikaku sê geen reën word tans oor die binneland verwag nie, alhoewel daar wel ’n kleiner kans op reën vanaf Woensdag volgende week oor die sentrale en suidoostelike gebiede van Namibië bestaan. “Daar is ’n afsnylaag wat tans ontwikkel en dit is nog ver, maar ons hou dit dop,” het hy gesê.

Volgens hom sal die naweek se maksimum temperature in veral die suide net 13 °C of 14 °C bereik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!