Hoarusibrivier bereik die see
Die Hoarusibrivier in die Skedelkuspark het verlede week die see bereik. Volgens Leon Krause van Angling Tours Namibia moes hy en sy groep hengelaars Donderdag voor die rivier wag nadat dit afgekom het.
“Ons moes so 30 minute op die oewer wag voordat ons die rivier aangepak het. Ek het eers deurgestap om te kyk wat die beste roete is en toe is ons almal veilig deur. Die rivier moes egter dae vantevore baie sterk afgekom het, omdat die bruin see tot by die Khumibrivier gespoel het. Toe ek by die Khumib aankom en die bruin water sien, het ek gedog dié rivier het ook die see bereik, maar dit het toe nie,” het hy gesê.
Volgens Krause het die rivier in November 2023 ook die see bereik.
Ander riviere wat in die see uitmond, is volgens Krause droog. Die Huab- en Hoanibrivier het egter ook gevloei, maar nie die see bereik nie.
Volgens Claudia Reiter wat deel was van ‘n kampeertoer deur die Kunenestreek, is die Epupa-watervalle kant tot kant vol water.
“‘n Klein rivier het in die nag van 1 Februarie afgekom. Die volgende nag het dit weer afgekom en volgens die mense het dit in die laaste 10 jaar nie so sterk geloop nie,” het sy vertel.
Die toergroep het Maandag by die Hoarusib buite die Skedelkuspark aangekom.
“Die rivier het baie sterk gevloei. Dit het hoë branders gemaak en ons moes by die rivier oornag en wag totdat die water sak. Die volgende dag het die water genoeg gesak dat ons vroegoggend veilig kon deurry.”
Op die Facebookblad van Puros Bush Lodge & Camp het die Hoarusib op 6 Februarie weer in volle vloed afgekom. Mense is gewaarsku om vir die volgende week of twee versigtig te wees wanneer hulle die rivier by Puros oorsteek.
“Woensdag het ons langs die Hoanib gekamp, omdat hy ook gevloei het. Dit was ‘n ongelooflike ervaring en ons het selfs ‘n besoek van ‘n woestynaangepaste olifant gehad wat in die Hoanib water kom drink het,” het Reiter gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie